Posted on
11 April 2012
Sirkel: Tygerberg
Tak: Kuilsrivier
Beriggewer: Elmine Möller
Datum: 10 April 2012
Kuilsrivier tak is die trotse wenners van 6 bekers by Sirkel Tygerberg Konferensie 2012. Dit is iets om op trots te wees en gaan beslis die tak aanspoor om nog harder te werk vir Konferensie 2013.
Die bekers wat gewen is:
Groottotaal Kookkuns
Meeste Punte Preservering
Ledewerwing
Meeste Punte Groottotaal Tuisteskepping
Preservering - Mev Judy Steyn 1ste plek vir Sousboontjies en Lekkers - Mev Elmine Möller 1ste plek vir Klapperys.
Die bekers is by die takvergadering op 10 April 2012 aan die wenners oorhandig.

LNR Mevv. Judy Steyn, Marlene Lotz (voorsitter) en Elmine Möller.
Posted on
04 October 2011
Portefeulje: Landbou & Tuinbou
Beriggewer: Elmine Möller
Vir ons jaarlikse Boomplantgeleentheid het Kuilsrivier tak 'n Rooiessenhoutboom geskenk aan die N.G. Kerk Kuilsrivier Suid. Die boom is op Sondag 25 September 2011 op die kerkterrein geplant.
Dit was die eerste van vele bome wat aangeplant is in 'n familietuin wat op die kerkgronde begin is.
In 2010 is 'n boom by Kuilsrivier N.G. Moedergemeente geplant. Ons beoog om elke jaar by 'n ander kerkgebou in Kuilsrivier 'n boom te plant

Die boom is vooraf aan Ds. Hennie Du Pisanie oorhandig deur: Mev. Marlene Lotz (Voorsitter), Suretha Joubert (Sekretaresse), Elmine Möller en Anita de Villiers.