Posted on
20 October 2009
Lady Grey tak het jaarliks 'n kompetisie tussen die verskillende studierigtings wat altyd sorg vir baie pret. Vanjaar het elke studierigting een uur gekry om 'n lid te bederf en mooi te maak. Twee kenners uit ons gemeenskap is gevra om as beoordelaars op te tree.
Eers is voor-fotos van elke deelnemer geneem. Die is op 'n skerm vertoon terwyl daar gewag is dat die groot transformasies plaasvind. Elkeen moes eers sê wat hulle van die transformasie verwag. Sommiges soos Henna Botha wou meer modern wees en 'n jonger voorkoms hê om by die leerlinge van die Kunste Akademie in te pas. 'n Hele paar het net uitgesien na 'n lekker bederf. Almal het flink aan die werk gespring en sommiges het heel onhandig gelyk. Lede wat byvoorbeeld in hare spesialiseer moes iets anders doen soos die grimering. Die transformasies het voor ons oë afgespeel en party lede het ons verbaas. Glam Guru pasop! Daar's kompetisie vir jou in Lady Grey.
Ons was heel verbaas oor wat vermag kan word in een uur. Die style wat na vore gekom het na die uur was elk uniek. Van baie modern tot klassiek. Daar was die wat reg was vir 'n aandjie uit, die wat mooi gelyk het vir elke dag en ook die wat dadelik by 'n nagklub kon instap vir deurnag dans.
Elke deelnemer was tevrede met hul voorkoms en ons is getrakteer met 'n kort modeparade. Die beoordelaars se beslissing was finaal en Anna Du Plessis is as die wenner aangewys. Baie geluk aan Leefstyl se span, Sunè, Isabel en Anèll.
Die lede van ons tak is hierna getrakteer met allerhande geure muffins en lekker vars vrugte en roomys saam met ons tee.
Anna Du Plessis (voor)
.jpg)
Anna ons wenner

Antjie, Gerda maak vir Rika mooi

Bettie Prinsloo (voor)
.jpg)
Bettie (na)

Elizè besig met Bettie se hare

Marie word deur Selma en Mandy gegrimeer Rika

Posted on
03 September 2009
Die VLV tak van Lady Grey oorhandig maandeliks 'n trofee aan die persoon (persone) wat werklik vriendelike diens lewer in hul besighede. Die trofee vir Junie is oorhandig aan Me. Tshidi Liee, wat ons daagliks met 'n vriendelike glimlag in ons poskantoor begroet.
