Posted on 10 May 2012

Sirkel Weskus
Tak: Leipoldtville
Portefeulje: Kunste en Handvlyt
Sameroepster:  Madelein Visser
Beriggewer: Elsabé Carstens
Datum: 9 Mei 2012

 

Leipoldtville tak het Woensdag die 9de Mei die staptog aangepak vanaf Leipoldtville na een van die lede, Augusta van Zyl, se plaas Vaalfontein.  Daar was 23 vrouens wat saamgeloop het vir ons "Woman Walk the World" deelname.  Daar het hul toe sommer vergadering gehou.  Albert Smit van Netmar in Clanwilliam wat 'n fotograaf is, het hul kom leer hoe om met jou kamera te werk en sekere tegnieke uitgewys hoe om mooi foto's te neem.
 

 

 

 

Die fotograaf, Albert Smit van Clanwilliam, wat die lede en nielede toegespreek het, het vir ons 'n foto in Augusta van Zyl se tuin geneem.

 

 

Voor LNR: Augusta van Zyl, Anja Visser, Welma Botes met Marlé, Marna van Zyl en haar dogtertjie Marzaan sit heel voor.  Middel: Loucresia van Zyl, Madelein Visser, Tannie Meraai Visser, Erna Carstens, Marietjie Carstens.  Agter:  Elsabe Carstens, Raffealla Basson, Anita Lalor, Cecile van Zyl, Lida Slabber, Martie van Zyl, Karen Laubscher en Luette Carstens.

 

 

 

 



Posted on 19 April 2012

Sirkel: Weskus
Tak: Leipoldtville
Portefeulje: Openbare Sake
Beriggewer: Anne Laubscher
Datum: 18 April 2012

 
Die VLV het 'n heerlik saamgekuier in een van ons nuutste lede,  Anita Lalor, se tuin.  Anita en haar man het ook 'n gastehuis, Robin's Nest, met ‘n geskenkwinkel in die tuin, op Leipoldtville begin.

 

 

 

Elsabe Carstens oorhandig 'n geskenk aan Anita Lalor om haar te bedank vir haar gasvryheid.
 

 

Hier word die Skotse brosbrood beoordeel. LNR Madelein Visser, 'n besoeker, Welma Botes, Anda Laubscher en Cecile van Zyl.

 

 

Kyk hoe lekker proe hulle!
 

 

Hier sit die dames by die teetafels en kuier.



Posted on 30 January 2012

Sirkel: Weskus
Tak: Leipoldtville
Datum: 18 Januarie 2011
Beriggewer: Elsabe Carstens

 

Leipoldtville tak het Woensdag die 18de Januarie 2012, besluit om liewers die koelte op te soek en het die jaar met hul prysuitdeling begin. Die vergadering het plaasgevind by Red Rock in Lambertsbaai.
 

Daar was 4 lede wat kentekens ontvang het vir lidmaatskap, wat gewissel het van 10 tot 35 jaar.

 

 

LNR Tannie Meraai - 15 jaar, Elsabe Carstens - 10 jaar, Lida Slabber - 25 jaar en Cecile van Zyl - 35 jaar.

 

 

Elsabe Carstens oorhandig aan Madelein Visser haar toekenning vir die beste vergadering gehou. Sy is ook tans ons sekretaresse van die tak.


 

 

 

LNR Anne Laubscher, Elsabe Carstens, Madelein Visser en Tannie Meraai Visser is beloon met toekennings vir getroue bywoning.  Hierdie 4 dames het getrou ELKE vergadering bygewoon.

 

Tannie Meraai Visser het ook ‘n toekenning ontvang vir haar onskatbare bydra tot Leipoldtville tak. Sy is die lid wat in 2011 die meeste vir die tak gedoen het en alom groot waarde toegevoeg het tot die welstand van die tak en lede.

 

 

Elsabe het die toekenning aan Tannie Meraai oorhandig.



Posted on 21 September 2011

Beriggewer: Elsabe Carstens
Portefeulje: Openbare Sake
Sameroeper: Anne Laubscher
 

Die VLV dames van Leipoldtville het Woensdag, 14 September 2011, almal heerlik saamgekuier by die privaat wildreservaat en gastehuis, Donkieskraal, op die plaas Sandberg. Dit is 'n pragtige oord tussen die koppe en kranse en rotse waar 'n mens wild en Boesmantekeninge kan besigtig. Die oord is ook toegerus met die smaakvolste en uniekste verblyfplekke. Ook die uitsig is absoluut ongelooflik. Gaan kyk gerus op die webtuiste, www.donkieskraal.co.za, om te sien wat daar nog alles aan gaste gebied word. 
 

 

Hier lewer die voorsitter, Elsabe Carstens, verslag van die Kongres te Villiersdorp wat sy bygewoon het.

 

 

Die lede wat almal die vergadering bygewoon het is:

Voor: Maria van Noordwyk, besoeker, en Marietjie Carstens. 

Middel: Augusta van Zyl, Lida Slabber, Anda Laubscher, Meraai Visser. 

Agter: Tillia Laubscher(Bestuurder van Donkieskraal), Annemi Laubscher, Luette Carstens, Anne Laubscher, Elsabe Carstens, Cecile van Zyl, Maritha Louw en Madelein Visser.

 

 

Anne Laubcher, (Tillia en Annemi se moeder), Tillia Laubscher en Elsabe Carstens.

 

 

Van die wild by die kosbakke. Kyk net die pragtige natuurskoon in die agtergrond. Dit is ongelooflik.



Posted on 15 August 2011

Hier lê een van Leipoldtville se nuwe lede, Anja Visser, se pragtige kleinding rustig en slaap tydens die vergadering. Leipoldtville het ook toevallig op die dag van ons takbesoek, TWEE nuwe lede verwelkom en Woensdag die 10de Augustus het hulle nog 'n lid bygekry.

  



Posted on 15 August 2011

 Terthia Kotzenberg het op 13 April 2011 by Leipoldtville tak 'n demonstrasie kom hou van Piouter werk.

 

 

Op 18 Mei 2011 het Marisa van die klerewinkel Waka Waka op Lambertsbaai vir die klomp Leipoldtviilers kom demonstreer hoe om met min hul nog mooier te maak.

 

 

Hier demonstreer Marisa van Waka Waka aan die lede. By haar staan haar dogter Megan wat ook die lede met haar pragtige sang vermaak het. Sy het al baie toekennings verwerf.

 

 

Met ons Sirkelpresident se besoek die 20ste Julie het die Skool van Langvlei Primêr pragtige sang items gelewer. Voor staan Liezl Stemmet, wat hul so mooi afgerig het.

 

 

 

Hier sit van die lede van Leipoldtville tak en Louwna baie diep en luister! 

 



Posted on 23 March 2011

Die Boeredag is gehou die 10de Maart 2011.  Op die foto van links is:  Cecile van Zyl, Luette Carstens, Augusta van Zyl, Lida Slabber, Elsabe Carstens, Anja Visser, Anda Laubscher.  Voor: Karen Laubscher, Loucresia van Zyl, Madelein Visser, Marietjie Carstens en Tannie Meraai Visser.
 

 

By die veiling is van agter: Anda Laubscher wat besig om patties te bak, Voor:  Anja Visser, Augusta van Zyl, Luette Carstens, Tannie Meraai Visser en langs die tafel sit Karen Laubscher.
 

 

En die foto waar ons by Romanz se optrede gaan werk het by Grootvlei Gasteplaas, naby Lambertsbaai is agter: Karen Laubscher, Lida Slabber, Tannie Meraai Visser, Cecile van Zyl, Elsabe Carstens, Augusta van Zyl. Voor: Loucresia van Zyl, Melanie Watson, Madelein Visser.

 

 

Categories