Posted on
02 September 2010
Liezel Botha het nuus gestuur oor Niekerkshoop tak, wat weereens ‘n handwerk dag gehad het.
Al die lede wat kon, het gery na DB en Lizmarie Lubbe se plaas ± 45 km uit Prieska. Lizmarie het ons kom vertel van die handwerkies wat sy doen om hul huis ‘n bietjie op die vrolik – sonder om ‘n hoop geld te spandeer.
Lede moes benodigdhede neem om ‘n hartjie te maak. Enige afval stukkie lap, grootoog naald, skêr, gare (dik/dun) ens. moes diegene bring wat het.
Elkeen het ‘n plekkie in die sonnetjie gekies en begin knip, werk en versier. Die uiteinde was ‘n gesellige klompie vroue wat hul bes gedoen het om haar idee van ‘n hartjie voort te bring.




Posted on
08 February 2010
Liezel Botha (onder leiding van Christel Steenkamp) het nuus gestuur oor Niekerkshoop tak, wat die jaar afgeskop het met 'n modedag. Die modedag is gereël deur die sameroeper van Leefstyl, Ronél van Biljon, en haar helpers.
Lede is in groepe verdeel en elke groep het 'n ontwerpopdrag en koerante ontvang. In 'n opgewekte atmosfeer het dames geskaterlag terwyl die ontwerpers hul modelle in koerant-uitrustings getooi het.
Ronél, geklee as Hannon Botma, het die uitrustings met 'n skerp humoristiese aanslag beoordeel en in (wat net beskryf kan word as) egte "Glam Guru" -styl. Style en uitrustings het groot pret verskaf en Niekerkshoop se "Glam Guru" het dit geïdentifiseer as: drag vir die 2010 parlementsopening, die amptelike opening van die 2010 Wêreldbeker Sokker, aanddrag en 'n spesiale uitrusting vir Mev. Zuma VII.
Volgens die voorsitter van Niekerkshoop tak, Vonesse Gerber, beloof 2010 om 'n besondere VLV-jaar vir dié tak te wees. Hul beplan vele interessante byeenkomste vir die res van die jaar.



