Posted on 24 November 2011

Beriggewer: Una Engelbrecht

 

Paarl Aandtak se vroue het op 'n Saterdagoggend laat in November onder die Eike by die Pierneef a La Motte restaurant in Franschhoek gaan ontbyt eet om sommer ook afskeid van die jaar en van mekaar te neem, voordat almal uitmekaarspat vir die Feestyd.

 

Die restaurant het sy naam te danke aan die 44 olieverfskilderye van Pierneef wat die Ruperts aangekoop het en wat gehuisves word in 'n gebou wat ook die Rupert-museum en 'n kunsgalery bevat.


 

 

Die mooi-versierde pakkies wat uitgeruil is. 


 

 

LNR Dalene de Jager, Lennie Henderson, Stella Mullineux, Elzette Coetzer, Gerbrecht van Rhyn, Geretha Brand, Francina van Rhyn.


 

 

LNR Lorraine van Staden, Carine Smith, Marinda Rall (sirkelpres.), Annemarie Stanton, Hester Coetzee, Charlotte le Grange, Hetta van der Merwe (takvoors.)



Posted on 30 October 2011

Portefeulje: Landbou & Tuinbou
Beriggewer: Una Engelbrecht
Datum: 27 September 2011


Suid-Afrika is een van die mooiste lande ter wêreld met die rykste biodiversiteit. Dit is ons verantwoordelikheid as Suid-Afrikaners om hande te vat en hierdie skepping te bewaar, ook vir ons nageslag.

 

Daarom het die VLV Paarl Aandtak dit goed gedink om aan Rusthof Ouetehuis te Klein Nederburg, Paarl, twee lemoenbome te skenk ten einde in hul behoefte vir die toekoms te voorsien.


 

 

Op die foto is v.l.n.r.:  Charlotte le Grange (sameroeper van Landbou), Marinda Rall (sirkelpresident), Hetta van der Merwe (voorsitter) en me Kleinhans van Rusthof Ouetehuis.



Posted on 24 August 2011

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: Una Engelbrecht

 

Die Leefstyl- en Naaldwerkkomitee van Paarl Aandtak het hulle jaarlikse vergadering in Charlotte le Grange se Kelim Shop in Hoofstraat, Paarl gehou. Die spreker was Sylvia Gericke van die Paarl. Haar passie is die tooi van tafels, die kreatiewe versier van geskenke en die aanmoediging van kreatiwiteit onder vroue. Sy het die aanwesiges inspireer met haar sprankelende praatjie en praktiese wenke.

 

Op die foto is v.l.n.r.: Sylvia Gericke (spreker), Una Engelbrecht (sameroeper), Carine Smith, Stella Mullineux, Marinda Rall (sirkelpresident Paarl), Hetta van der Merwe (voorsitter).

 



Posted on 23 August 2011

Portefeulje: Opvoeding en Kultuur

Beriggewer: Una Engelbrecht

 

Paarl Aandtak vergader dikwels in lede se huise. Dit maak die samesyn aangenaam en knus, veral in die koue Bolandse winters.

 

Die Opvoeding & Kultuur-vergadering is onlangs by voorsitter Hetta van der Merwe gehou.

 

Lenny Henderson, een van Paarl Aandtak se lede, het oor HERWINNING gepraat. Sy het 'n werkswinkel oor herwinning bygewoon wat deur die Drakenstein-munisipaliteit gereël is. Baie interessante gegewens is meegedeel. O.a. dat elke mens daagliks plus-minus 2 kg afval "produseer". Die Drakenstein-munisipaliteit het pas met 'n herwinningsprojek vir die dorp begin.Glas, plastiek, papier en karton moet afsonderlik opgegaar word voordat dit op 'n sentrale punt sorteer word. Terwyl al sowat 59% afvalpapier in SA herwin word, is dit in die geval van plastiek nog net 17%. Alhoewel plastiek allerweë as die grootste besoedelaar beskou word, is metaal en glas nadeliger vir die natuur.

 

Dis belangrik dat elke huishouding aan hierdie herwinningsprojek deelneem, omdat die Munisipaliteit ten doel het dat die Paarl teen 2020 'n "No waste town" sal wees.

 

 

Pat Timothy, Geretha Brand, Francina van Rhyn, en agter: Lenny Henderson (spreker), Daleen de Jager, Petro Boshoff.

 

 

Hester Coetzee, Marinda Rall (sirkelpresident), Gerbrecht van Rhyn.

 

 

Die komitee vir Opvoeding en Kultuur: v.l.n.r.: Hetta van der Merwe (voorsitter), Ebeth Basson, Sura Swart, Elzette Coetzer (sekretaresse), Lenny Henderson (spreker).



Posted on 07 August 2011

Pannekoekbak ter stywing van fondse is 'n jaarlikse instelling van Paarl Aandtak.

 

Op die foto is dit 'n geval van swaarkry met lekkerkry klaarkry, soos Langenhoven gesê het. LNR Rentia Bartleman, Lorraine van Staden, Elzette Coetzer (sekretaresse).


 

LNR Ebeth Basson, Marinda Rall (sirkelpresident), Charlotte le Grange (agter), Gerbrecht van Rhyn.

 

 



Posted on 09 July 2011

Portefeulje: Kunste & Handvlyt

Beriggewer: Una Engelbrecht

 

Pam Rabe gee kunsvlyt klasse by Butterfly House in Fairyland plakkerskamp, Paarl, waar o.a. kinders wat deur HIV geïnfekteer en geaffekteer is, versorg word. By Butterfly House word mense van alle ouderdomme o.l.v. Drakenstein Hospies bedien, maar 80% is kinders. Sy probeer die kinders leer om iets te maak uit niets en so word bv. plastiek of papier hergebruik/ herwin en omskep tot 'n bruikbare artikel. Dis vir haar 'n ongelooflik bevredigende ervaring om so betrokke te kan wees by mense wat absoluut met die minimum moet klaarkom.

 

Op meegaande foto is v.l.n.r. die Paarl Aandtak komitee vir Kunste en Handvlyt: Petro Boshoff (sameroeper), Dalene de Jager, Pam Rabe (spreker), Lennie Henderson, Pat Timothy, Miemie Malherbe, Hetta van der Merwe (voorsitter).

 

 

 



Posted on 30 May 2011

Charles Hopkins, keldermeester van De Grendel-wyne, was die spreker oor DIE VROU EN WYN tydens Sirkel Paarl se Sirkeldag in die NG Kerksaal, Wellington-Noord op die 26ste Mei.

 

Hy het invloedryke vroue in die wynbedryf uitgelig en interessant oor SA se plek in die wêreld van wyn uitgewei. Ook het hy self in Bordeaux, Frankryk, wyn gemaak en kostelike staaltjies met die gehoor gedeel.

 

 

Una Engelbrecht & Amarie le Roux van VLV Aandtak Paarl.

  

 

Marinda Rall, sirkelpresident van Paarl, en Lorraine van Staden van VLV Aandtak Paarl.



Posted on 02 May 2011

Portefeulje: Landbou & Tuinbou

 

Lynette Barnes, byeboer van Q Bee Honey Factory, was die interessante spreker op die Landbouvergadering van die VLV Aandtak Paarl.

 

Sy het onderhoudend gesels oor haar en haar man se byeboerdery: vanaf die eerste stadium dat die bye na die korf gelok word tot die bottel van die heuning. 'n Belangrike deel van hulle funksie as byeboere is die bestuiwing van plante op plase. Ook verwyder hulle swerms bye op aanvraag.

 

Lede kon proe aan heerlike fynbos-, sitrus- en bloekomheuning, wat almal eie aan die Paarl omgewing is.

 

 

LNR Gerbrecht van Rhyn, Susan Hickman, Byeboer Lynette Barnes, Charlotte le Grange, sameroeper van LANDBOU EN TUINBOU , Hetta van der Merwe, voorsitter van VLV Paarl Aandtak, Francina van Rhyn.



Posted on 23 March 2011

Dr. Susan Rabe, 'n psigiater van die Paarl, het by die Gesondheidsvergadering van die Paarl Aandtak oor depressie en verwante geestesiektes gepraat. Sy het uitgebrei oor die aard en kenmerke van depressie, asook die behandeling. Ook het sy die fisiese simptome van angsversteuring genoem en hoe hierdie breinsiekte saam deur psigiater en pasiënt beveg word.


Hugo Nieuwoudt het die dames vermaak met sang uit die boonste rakke. Sy CD Die Aanvraag was te koop.


 

V.l.n.r. Martell Swart, Tersia Pretorius, Geretha Brand (sameroeper), Amanda Kapp, dr. Susan Rabe, Marinda Rall (Paarl-sirkelpresident), Elzette Coetzer (sekretaresse), Hugo Nieuwoudt (sanger).

 



Posted on 23 December 2010

Dis die gebruik by Paarl Aandtak om die einde van die jaar af te sluit met 'n ontbyt of soortgelyke viering. Einde 2010 is 'n ontbyt gehou op lid Annemarie Stanton se pragtige plaas, Daizyview in die Paarl. Lede is trakteer op 'n heerlike ontbyt deur voorsitter Hetta van der Merwe, geskenkies is uitgeruil, toiletware ingesamel vir Rusthof-ouetehuis in Paarl-Oos en 'n DVD van Andre Rieu is vertoon.

 

Beriggewer: Una Engelbrecht

 

 

Tersia Pretorius, Martell Swart, Stella Mullineux

 

 

 

V.l.n.r. Gerbrecht van Rhyn, Geretha Brand, Petro Boshoff, Elzette Coetzer, Charlotte le Grange (staande), Lorraine van Staden, Hester Coetzee, Ebeth Basson

 

 

 

Categories