Posted on 02 November 2011

Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: Mirika Thiart

 

Die lede van Panorama tak het aan huis van Anita MacDonald in Panorama vergader.

 

Die spreker, Heleen Meyer, het heerlike slaaie gedemonstreer wat pragtig gelyk het en wat baie ingestel was op gesondheid. Hoender en aarbei was aan die orde van die dag om aan te pas by die Oktober Kankermaand. Asook ‘n Mexikaanse Nacho slaai.

 

Sy het ook sjokoladebruintjies gebak en die vrouens het omtrent geswymel oor hierdie heerlike nagereg. Heleen het ook ’n klomp wenke gegee, soos dat as dit net gestol is, dit gereed is. Dit stol verder soos dit afkoel. Bak nog 5 minute indien nodig. Moenie te lank bak nie, anders word dit droog en hard.

 

Onthou kos en Kos is op die tafel is twee boeke uit Heleen se pen. Kontak haar by heleen.m@iafrica.com of gaan loer op haar webwerf, www.heleenmeyer.co.za.

 

Die lede het ook gehoor wat Bokasi is. Heleen het vertel dat daar maar altyd kombuisafval is wat oorbly, nadat jy van die hersirkuleerbare items in jou huis en kombuisafval ontslae geraak het. Sommige afval kan nie op die komposhoop gesit word nie en is ook nie geskik vir ’n wurmplaas nie. Dié natuurlike organismes word met onder meer semels gemeng en lyk soos ’n droë poeier. Dit is by sommige supermarkte en meeste kwekerye beskikbaar. Bokhasi is ’n algemene naam daarvoor. Besoek www.bokashi.co.za vir meer inligting.

 

Daar was verskeie gebak en gebottel inskrywings. Dit was beoordeel deur Johanna Steyn, en die dames het beïndruk en was baie suksesvol.

 

Daarna was die lede onthaal deur die allerheerlikste geregte. Ons was ook bevoorreg om die slaaie wat Heleen gemaak het te geniet. Dit was 'n onvergeetlike aand.

 

 

 

 

 

 

 

 



Posted on 20 September 2011

100de koerante word deur 'n klompie vroue
deurgeblaai op soek na blaaie met voue.
128 velle word aanmekaar gekram
deur ywerige vingers al is hul al stram.
Bo-op en onder elke moewiese sak
word dit nou netjies vasgeplak.
Steek die spulletjie in nog 'n sak
en siedaar-- vir 'n koue bergie-- 'n warm slaapsak!!
 

Kreatiewe skeppings uit jou tuin
enigiets dames: groot of klein!
Ons moet darem die studierigting behou,
want slaapsakke maak is nou nie regtig Landbou
al word al daardie papier in jou tuin verbou.

 

Marietjie Albrecht
Panorama funksie, 11/09/09

 

 

 

  

  



Posted on 22 June 2011

Portefeulje: Vele
Beriggewer: Darena Anderson

 

Op Woensdag 1 Junie 2011 het ons ‘n heerlike Potpourri-aand, aangebied deur die bestuur, gehad. Die tema van die aand was “Sjerrie & Sjokolade, Slaapklere & Slippers, Sop & Sarmies”

  

  

Die dames in hul nagklere, LNR Susan Ebersohn, Serena Anderson, Annalene Ackerman & Gerda Herselman.

 

 

Marietjie Albrecht, ons voorsitter,  het ‘n demonstrasie gedoen oor hoe om laag-op-laag klere te kreukel en vir ons gewys hoe om ‘n maklike fotohouer te maak met lint en knope. Elke persoon het so een gemaak.

  

 

Antoinette le Roux het vir ons ‘n Power Point-aanbieding gedoen oor die neem van foto’s – the do’s and the dont’s. 

 

Gerida Nortje het vir ons meer vertel van mosaïekartikels en voorbeelde gewys. 

 

 

 

Van die lede het nartjiekonfyt en sousbone gekook. Almal kon daaraan proe en dit “beoordeel”. Vriendskapsmunte is ook ingesamel vir die Wêreldbond vir Plattelandse Vroue.

 

Hierna is land en sand gesels en heerlik gekuier om die soppotte.

  



Posted on 23 September 2009

FEESJAAR KONGRES 2009

REIK NA DIE STERRE

1.      Ds. Jan Steyn sê:

Porseleinkoekie-mense het sagte oë en hande

Daarom het hul julle, Spr 31-VLV-vroue nodig oor alle lande.

 

2.      Helen Zille die filosoof het geleer by Sir Francis Drake,

maar ook by Frankel, Ellis en Scott Peck.

“Disturb us Lord when we….rest on our laurels,

Let our choices and our love for others, be our morals.

Die definisie van die liefde – dit is ‘n feit –

Is waagmoed en doelgerigtheid daar op jou plek.

Maar prakties was sy ook:

*Sien uitdagings as geleenthede,

*moenie vashaak by die verlede,

*opofferings is noodsaaklik,

*neem risiko’s en *wees jouiself.

Dankie Helen, jy’t ons diep laat delf.

 

3.      Corwyn Botha het ‘n probleem met Pretoria:

Hul agenda is verkeerd!!

As afhanklikes geleer word om bydraend te wees,

Word Landbou Suid Afrika ‘n Utopia!

 

4.      Adelaide Woodless’ baby died

Unpasturised milk was diagnosed.

From the Farmer’s Institude came Mr Lee

To the rescue of you and me.

 

5.      Annalene de Toit kom bieg:

Dit is geen toeval dat ek vandag oor my passie kan praat,

Dis oor ‘n Bokomo Entrepreneurs Kompetisie; ek het ge----.

O, dankie tog dis uit!! Eerder nou as te laat.

Sy besing die positiewe eienskappe van olyfolie

Van die omegas tot die hele vitamine-storie.

Smeer daarmee, kook daarmee – oor en oor

En jy kan dit selfs vir twee jaar stoor!

 

6.      Annalize van Rijswijk se baba SNAP

Is oor outisme: waar kinders in hulself is “getrap”.

Konkrete denke en weerstand teen verandering

Is wat sy tot omkeer moet bring.

Gesonde dieët en konsekwente roetine

Maak van outiste baie goeie studente met dissipline.

 

7.      Who can be more true to her surname

Than Ivonne from Gentle Care?

She takes in the sick and the lame

And her love, time, food and home, she does share.

 

8.      Bipolêre gemoedsstemming of maniese depressie

Is ‘n sensitiewe, psigiese soms genetiese kwessie.

Stephanie Redelinghuys neem ons op ‘n emosionele toer

Deur so ‘n lewe: soms in die wolke dan op die vloer.

Albei diè fases is buite hul beheer,

So moenie oordeel, dit maak net seer!

 

9.      Elize Meiring se geliefde sterf

Met ‘n rooi Diza op pad na haar werf.

Ai, toe verlaat haar sinne haar

Daar op die plaas Buffelskraal.

The Hill family is still grieving

When the mountain, there in the Hexriver valley, is weeping.

 

10. Irma Davel vra mooi:

Vertel julle stories, oumas en mammies;

Dis deur diè klein saadjies

Dat legendes geskep word oor alle nasies.

 

11. Hanneli-Rupert-Koegelenberg getuig:

Hoekom soek ons so ver

Ons het mos reeds in ons die Blink Morester

Daarom mag ons maar reik

Om regtig ‘n verskil te maak

Aan die kwessies wat blyk

Oor drie jaar ons eintlik eers gaan raak.

Misdaad, finansies, klimaat en korrupsie

Afrikaans, BEE, stakings en finansies

Dis hier waar ons betrokke moet wees

Here Jesus, dankie vir U hulp,U  troos, die Heilige Gees.

 

12. Huis en Haard as glanstydskrif, elektroniese vorms

en webtuistes maak my dronk in my kop

Dames, 1929 is verby; 2010 hier kom ons met ons lap-top!

Natania en Lynette, ons saluut julle twee

Vir onbaatsugtige diens aan die VLV.

 

NS       Wel dames, dalk sien ek julle nooit weer nie

Want wie weet, volgende jaar vergader ons dalk een-een

Jy in jou sitkamer en ek in myn;

Lap-top op die skoot met ‘n glasie wyn.

 

Marietjie Albrecht  (0836507657), Panorama Tak, Sirkel Tygerberg

Categories