Posted on 09 November 2010

Piet Plessis VLV het in September reeds 'n modeparade ten bate van die ouetehuis Louis Swanepoel gehou. Die ingesamelde geld kon nou aan hulle oorhandig word. Hier gee Adri du Plessis (voorsitter) die ingesamelde geld aan Marietjie Scheepers.

 

Die VLV het bietjie by die mense van die huis gaan kuier. Daar was aan hul 'n item gelewer en toe lekker gekuier om koek en tee. 

 

 



Posted on 06 October 2010

Annetjie van der Walt het die jaar by die Kaapland Kongres in Kimberley seker gemaak Piet Plessis se naam bly hoog. Sy het 'n sesde plek behaal met haar uitstekende hekelwerk en glo dat sy volgende jaar nog beter kan doen.

 

Hier is Adri du Plessis, VLV Piet Plessis se voorsitter, besig om Annetjie se sertifikaat aan haar te oorhandig.

 

 



Posted on 13 September 2010

 

Woensdag 8 Sept. het die VLV Piet Plessis 'n modeparade, ten bate van Stella se ouetehuis, gehou. Hier is twee van die modelle wat vir die geleentheid geloop het. Links is Reinette Harvey en regs Leonie Niemand.

 

 

 

Twee van die VLV lede wat al die mense by die deure vewelkom het. Mev. Elda Brown en Helena Herbst. Daar was ook baie pryse by die geleentheid uitgedeel en 'n kers opgesteek ter ere van ons senior burgers!

 

 

 

Die Piet Plessis skool het 'n sing en drama item kom lewer.



Posted on 30 August 2010

Die VLV dames van Piet Plessis het seker gemaak dat die sokkergees nie by hulle verbygaan nie! Om hulde te bring aan SA se aanbieding van die FIFA Sokker Wêreldbeker 2010, het die dames hul eie sokkerdag gehou. Hulle kon tot hulle sokkerkennis toets met ‘n vasvra en die omgewing se jongspan was uitgedaag om deel te neem.

 

Hier wys Celsey Brown, Rachelle Harvey, Elda Brown, Lynne Harvey en Lize Brown hoe daar gees gevang is!

 

 

Categories