Posted on
15 November 2010
Op 10 November 2010 het die lede van Prieska VLV hul afsluitingsfunksie op die plaas van Sol en Samantha Groenewald gehou. Dit was ‘n baie vrolike geleentheid met ‘n pragtige venue en lekker eetgoed.
Tydens hierdie geleentheid is pryse, vir die jaar se prestasies, oorhandig. Tillie Hand het ‘n prys ontvang vir haar bydrae tot die Konferensie-kompetisies. Vir die tak se pogings was die voorsitter, Corrie Liebenberg, ‘n besliste wenner met Antionette Ferreira en Karen Greyling, onderskeidelik in die tweede en derde posisies. Corrie is ook al lid vir die afgelope 26 jaar.
‘n Hoogtepunt van die middag was beslis die aanwysing van die Sterlid van die Tak. Hier het Alexis Etsebeth uitgestaan, en sy het ook die trofee ontvang. Op die foto oorhandig Corrie die trofee aan Alexis. Sy lewer ‘n baie groot bydrae tot die sukses van die vereniging gedurende die afgelope jaar.
Baie geluk aan al hierdie lede vir hul bydraes en ook aan al die ander lede wat gedurende die afgelope jaar hul bydraes tot ons vereniging gemaak het. Volgende jaar begin ons weer met nuwe ywer.
Beriggewer: Chrisna Coetzee
