Posted on
27 April 2012
Sirkel: Kalahari
Tak: Reivilo
Beriggewer: Carien van den Berg
Datum: 26 April 2012
Reivilo het hul stapskoene aangetrek en 'n paar van die dames het hul bewapen met swartsakke. Terwyl daar gestap is op Donderdag 26 April, het ons ook sommer rommel in die strate opgetel en so ons klein dorpie se voorkoms verbeter.

LNR Carien van den Berg, Ansie Engelbrecht, Kgomotsho Sentsho, Leoni van den Berg en Alta Prinsloo.

Ansie Engelbrecht is besig om 'n rommeltjie op te tel.
Posted on
30 October 2011
Portefeulje: Gesondheid
Beriggewer: Carien van den Berg
Oktobermaand is geestesgesondheidsmaand. Reivilo VLV het onder leiding van Eastlynne Botha by die maandvergadering vir Johann de Wit, sielkundige van Vryburg, voorgestel. Johann het ‘n baie insiggewende praatjie gelewer oor angs, stres en depressie. Johann het in Augustus sy praktyk in Vryburg begin. Sy spreekkamers is in die Vryburg Privaat Hospitaal.
Op die foto verskyn Carien van den Berg, voorsitter Reivilo VLV en Johann de Wit, sielkundige van Vryburg.
.jpg)
Posted on
26 October 2011
Charlotte Nel
27 November 1922 - 6 Oktober 2011
Dit is met groot hartseer wat Reivilo VLV afskeid geneem het van hul tak se laaste medestigterslid, Charlotte Nel.
Sy is op 6 Oktober 2011 oorlede na n kort siekbed. Tannie Charlotte was tot op die einde baie betrokke by Reivilo tak en het ‘n baie positiewe lewensuitkyk en houding gehad. Haar insette en voorbeeld sal altyd vir ons liefdevolle herinneringe wees.
Beriggewer: Carien Van Den Berg

Posted on
27 February 2011
Tydens Reivilo se afgelope vergadering het lede “droomkinders” gemaak. Dit is 'n vaardigheid van die vroue van Bolivia wat oorspronklik haarnaalde gebuig het om klein poppies te maak wat dan met gare en materiaal getooi is.
Beriggewer: Carien van den Berg
Op die foto is Lucy du Plessis(staande) en Mart van den Berg wat aandagtig toekyk hoe daar te werk gegaan moet word om die fyn kuns te bemeester.

.jpg)