Posted on 13 June 2011

Op 24 Mei 2011 het VLV Richmond en die Vrouediens hier ‘n gesamentlike vergadering gehou waar daar baie gelag en gehuil is in ongelooflike aanbiedings…

 

Ronél Cilliers vertel van die humor in hulle dogter Marika, wat epileptiese aanvalle kry, se sêgoed. Annette Viljoen deel met ons ‘n baie sensitiewe oomblik in haar lewe waar sy vertel dat die Here altyd naby is en hoe ‘n gebedsversoek baie vinnig ‘n werklikheid geword het.

 

Kinderpartytjies word onder die loep geneem:
1. Anna Clarke sê kinders van 1 jaar speel langs mekaar – so sit die krat speelgoed neer en laat die ma’s kuier. Neem die roetine van die kinders in ag en gee vir elkeen ‘n pakkie eetgoed wat hy/sy self oopmaak. Neem foto’s van almal. Daar moet ballonne wees.
2. Magdel Venter bak ‘n groot plat koek en versier dit soos ‘n leeu se gesig en maak lekkergoedpakkies vir elke maatjie.
3. Mari Visser hou ‘n partytjie oor middagete en gee pizzas en hamburgers. Lemoene in kwarte gesny, stokbrode in die vuur gaargemaak en doen baie moeite met die verjaarsdagkoek en die uitnodigings. Die kinders help – nie duur of oordadige temas nie. Haar dogtertjie hou eersdaags ‘n Mevrou-Mevrou-partytjie met ouma se hoede en skoene en tee skink by die tafel.

 

‘n Paar dae later het van die lede en gaste ‘n Teesakkievou kursus bygewoon. Al is die kompetisie iets van die verlede is dit nooit te laat om ‘n nuwe vaardigheid aan te leer nie. Soos gewoonlik was dit ‘n lekker gesellige oggend. Juanita du Plessis, voorsitter van Colesberg en haar dogter Helene het ook gekom om die kursus by te woon.

 

 

Annette Erasmus hard aan die teesakkie vou!

 

 

Juanita du Plessis en haar dogter Helene.



Posted on 02 May 2011

Portefeulje: Leefstyl

 

Met die vergadering gehou op 13 April open Annatjie Reynolds met die volgende woorde:

“When you forgive, you love
And when you love
God’s light shines on you”.

 

M Steenkamp het die dames kom inlig oor die metodes en gevolge van Shell se gas eksplorasie.

 

Die vergadering is gereël deur Mathilda Visser en haar helpers. Elke dame ontvang ‘n koekhartjie met ‘n inspirerende boodskap daarby. 180 poppies en 50 paar handskoene gebrei deur Kamma Lodge en Caltex Diensstasie se personeel o.l.v. Mathilda, is uitgestal. Caroline en Lulu (werknemers) vertel hoe die breiwerk hulle gehelp het om te gesels en mekaar beter te verstaan.

 

Desmond en Lenél bak ‘n sjokoladekoek en karringmelkpoeding in ‘n klein konveksieoond, die Magic……………… Pam sny die koek met ‘n garedraad en Mathilda het dit versier.

 

Pan van Rensburg, ‘n sjef, het ‘n hoender ontbeen, Cordon Blue hoenderborsies gedemonstreer en ‘n patee van die hoenderlewers gemaak.

 

Ons wens ook vir Mathilda geluk met haar verkiesing as Sirkel Noord-Karoo se Vlindervrou.  Ons is baie trots op haar en waardeer wat sy alles vir die VLV en Richmond doen.

 

 

 

Caroline, Lulu en Mathilda.

 

 

 

Desmond en Lenel.

 

 

 

Pam van Rensburg.



Posted on 06 October 2010

Ons moet met leedwese berig dat een van ons getroue lede na ‘n kort tyd van siekte skielik oorlede is. Seppie Oosthuizen het saam met haar gesin in 1993 van Memel na Richmond verhuis en by die VLV aangesluit.

 

Sy het in Oktober 2009, ons tak se wenkoek gebak, by die 80 jarige viering van die bestaan van die VLV en het deelgeneem aan baie naaldwerk, skilder, borduur en koekversiering projekte.

 

Die roudiens is waargeneem deur Ds. Hennie Viljoen vanuit die NG Kerk, Richmond op Vrydag, 24 September 2010.

 

Die koek wat Seppie gebak het en wat vir R1000 verkoop is.

 

 

KOESTER jou vrouwees

 

Nelia Fourie het gepraat by ‘n gesamentlike vergadering van die Vrouediens en die VLV oor KOESTER jou vrouwees. 

Jesus wil by jou kom stilstaan en wil jou in elke area van jou lewe genees.

 

K –  KIND: Waar jy miskien as KIND seergekry het, wil Jesus jou losmaak van die seer en help om te vergewe.

 

O – OUERS:  OUERS maak ook foute.  Moenie dieselfde foute as jou ouers maak nie.  Spreek woorde van Lewe en BOU jou kinders se selfbeeld.

 

E – EK:  Kan jy se dat jy ‘n verhouding met HOM het?  Nooi Jesus in jou lewe!

 

S – STER: Om te SKYN vir Hom.  Versprei die geur van Christus.  Laat ander by jou kom vertroosting vind.  Sit seer agter jou en laat Hom toe om jou te vertroos.

 

T – TEVREDE:  Wees tevrede en Aanvaar jouself. Bedink net wat positief is.

 

E – EK IS:  Hy is vir jou die groot EK IS.  Hy sê Hy is ‘n Jaloerse God – oor jou tyd en verhouding met Hom.  Hy wil jou SY bruid maak.

 

R – REGVERDIG:  God is regverdig



Posted on 20 September 2010

Met ons September vergadering het Elvira Paul “Championship Planting” en Organiese Landbou bespreek.

 

Die fokus is op die effek van chemikalieë op ons Gesondheid.  Plant sonder pesbestryding is belangrik.

 

Sy het ons geleer oor:
• Erdwurmboerdery
• Plante wat mekaar beskerm/bevorder
• Kompos maak en gebruik
• Behoud van saad, want genetiese manipulering vernietig sade

 

Motto: Eet slegs dit wat kan vrot word.



Posted on 19 October 2009

Die VLVK is 80 jaar oud maar glo dit of nie Richmond se tak is al 82 jaar oud.  Hoe kry ons dit reg vra jy?  Wel op 12 Maart 1927 het hier ‘n vergadering plaasgevind en ‘n “Home Economic Society” tak is hier gestig wat toe later VLV geword het.

 

Op 14 Oktober het Richmond tak 'n ete gehou vir die huidige en erelede van VLVK en die Boerevereniging is ook uitgenooi.

 

 

Een van ons lede, Mev. Elvira Paul is al 40 jaar ononderbroke, ‘n aktiewe lid van die Richmond tak.

 

 

Die gasspreker was Mev Hester Franken van De Aar wat as "Supervrou" ons VLV dames kom toespreek het oor die "Vroue van die Toekoms" . Sy is 'n formidabele vrou en het aktuele sake bespreek, en deurlopend die veranderinge en vernuwinge in die samelewing, die mens en verhoudinge raakgevat. Kinders grootmaak is ook nie meer speletjies nie, maar sy het dit mooi onder die knie!  Dit was 'n belewenis.

 

 

Daarna het Tommie en Ivonne Gentle van Gentlecare in Britstown die dames en die mans kom meedeel van hulle wonderlike werk wat hulle doen in die gemeenskap van Britstown. Hulle het die hele gehoor geraak met de stories van welwillendheid en empatie, omgee en liefde. Ons tak het 'n veiling van koeke en 'n stel antieke lepels en koekvurkies gehou ten bate van Gentlecare.

 

Richmond se mense het 'n oop hart en 'n oop hand, en aan die einde van die aand is R4370.00 ingesamel. Waar in die land sal iemand 'n koek koop vir R1000.00, behalwe hier waar ons "die spirit of Ubuntu” het.  Dit was 'n vrugtekoek met die VLV se logo op, gebak deur baasbakster Mev. Seppie Oosthuizen.  Baie dankie aan Hendrik Ackerman wat homself die taak van afslaer gegee het en aan die deelnemers. 

 

 

Die blom uitstalling het mooi blomme na die saal gebring, en Seppie Peyper het die beoordeling behartig. Pragtige blomme van die Karoo! Argilla potte is uitgestal.

 

 

En die dames het wonderlike kos voorberei. Almal het lekker gesmul en heerlik gekuier onder begeleiding van die musiek van Johan Tolken.

 

 

Gelukkige verjaardag VLVK  en mag jy die volgende 80 jaar van krag tot krag gaan!! 

 

Richmond dames luister aandagtig

 

Hendrik Ackerman, die afslaer

 

Die koek is vir R1000 verkoop!

Categories