Posted on 21 March 2014

Sirkel: Middelland
Tak: Rocklands
Beriggewer en fotograaf: Mavis van Eyk
Datum: 20 Maart 2014


Rocklands tak vier hierdie jaar sy 27ste bestaansjaar. Al die dames het 'n heerlike ontbyt genuttig by Georgios in Newton Park, Port Elizabeth. Op die foto's klink ons glasies om ons verjaarsdag te vier!

 

 

 



Posted on 21 February 2014

Sirkel: Middelland
Tak: Rocklands
Portefeulje: Openbare Sake
Beriggewer: Mari Hendriks
Fotograaf: Mavis van Eyk
Datum: 20 Februarie 2014


Mnr. Justin Oliphant het ons kom vertel van sy werk onder die bendes in Port Elizabeth. Hy wys 'n film wat hy 'Endangered Species' noem.

 

 

 

Die film handel oor dwelmmisbruik. Kinders so klein soos 5 jaar oud gebruik al tik. Tik is geweldig verslawend....kinders bly tot 3 dae lank wakker en hiperaktief. Hulle is ook aggressief en huiwer nie om te skiet in bendegeweld nie. Hulle gee ook stokkielekkers vir kindertjies waarop daar tik is. Ouers leef in vrees vir wat hul kinders kan aanvang.

 

Februariemaand is Vriendskapsmuntmaand en ons dames het ruim bygedra. Op die foto is Itha Opperman met die munte in 'n vaas.

 

 



Posted on 22 November 2013

Sirkel: Middelland
Tak: Rocklands
Beriggewer: Gretha Schoeman 
Fotograaf: Mavis van Eyk
Datum: 21 November 2013

 

Rocklands VLV-lede word deur die Bestuur bederf met 'n 3-gang maaltyd wat voorgesit word by pragtig gedekte tafels . Ons is regtig bevoorreg om te kan vergader by die Slipperfields onthaallokaal.

 

Daleen Prideaux word aangewys as die VLV-Vrou vir 2013 en kry ook die beker vir die meeste punte vir haar deelname aan die kompetisies. Ander bekerwenners is Kay Jones, Itha Opperman en Kwikkie Pretorius. 

 

 

Bekerwenners, Kay Jones, Itha Opperman, Daleen Prideaux en Kwikkie Pretorius.

 

Laerskool Charlo se junior skoolkoor o/v Lillian Zeelie (lid van Acqua tak) het vir ons Jantjie in Frans gesing met 'n verskeidenheid van Kersliedjies. Encore!!!

 

 

Junior skoolkoor van Laerskool Charlo van Port Elizabeth.



Posted on 20 September 2013

Sirkel: Middelland
Tak: Rocklands
Beriggewer: Gretha Schoeman.
Fotograaf: Mavis van Eyk
Datum: 19 September 2013.

 
Rocklands se lede het 'n vergadering met ‘n verskeidenheid bydraes geniet.

 

 

Openbare Sake reël dat Lynn Simpson met ons gesels oor hoe om 'n "Living Will" op te stel.

 

Caroline Rademeyer vertel van die "Consul-solar-jar-liggie" - 'n moet vir die toekoms se  krisistye sonder elektrisiteit!!

 

Sarie Gillespie wys ons om 'n spaghetti-lengte te gebruik om kerse of vure met gemak aan te steek!!!

 

Anette Rademeyer het wenke gegee oor die oordeelkundige gebruik van room.
 
Vicky Lategan wys ons om 'iets' uit afvalmateriaal te maak.
 

Op onderstaande foto oorhandig Itha, ons voorsitter, 2 kniekombersies (van die Middelland Breiblokkie Projek) aan 2 van ons eie lede - Dawn Wood en Tienie Strydom. 

 



Posted on 19 July 2013

Sirkel: Middelland
Tak: Rocklands
Portefeulje: Kunste en Handvlyt
Beriggewer: Gretha Schoeman
Fotograaf: Mavis van Eyk
Datum: 18 Julie 2013

 
Rocklands VLV dames het gekyk na 'n demonstrasie deur Vicky Lategan. Sy het ons gewys hoe om afvalmateriaal, bv.  ou T-hemde, plastiese koeldrankbottels, kunsblomme en leë toiletrolletjies te herwin en te omskep in bruikbare artikels. 


Vicky, wat ook die sameroepster van Kuns en Handvlyt is, het op die Internet op talle idees afgekom! Dit was voorwaar kreatief en motiverend gewees om na haar demonstrasie te kyk.
 

 

Vicky Lategan

 



Posted on 21 June 2013

Sirkel: Middelland
Tak: Rocklands 
Portefeulje: Landbou en Tuinbou
Beriggewer: Gretha Schoeman
Fotograaf: Angie Carter
Datum: 20 Junie 2013
 

Rocklands tak is baie bevoorreg om vir Kay Jones, wie al jare by die Elandsrivier Kwekery betrokke is, as lid te kan hê. Sy het ons aan die boom van die jaar, Virgilia Oroboides, bekendgestel. Verder het sy ook vertel van geharde plante, veral vir die tuine by die see.  Ons was baie opgewonde oor die pragtige pienk sewejaartjie wat net in die Vanstadens omgewing voorkom.  Elke lid het 'n spekboomplantjie as geskenk gekry wat deur die kwekery geborg is.

 

 

Kay Jones met die boom van die jaar.

 

Ons is baie trots op Rocklands se algehele 2de plek met Intertak, aangebied deur Hercula tak.

 

 

LNR Kwikkie Pretorius, wat 'n 2de plek met haar blomme gekry het; Vicky Lategan, 1e plek in hekelwerk en ook mees uitstaande artikel; Kay Jones, met 'n 3e plek in gebottel; Mari Hendriks, ook 'n 2e plek in gebak en ons voorsitter, Itha Opperman, 'n 3e plek met handvlyt.



Posted on 24 May 2013

Sirkel:  Middelland
Tak: Rocklands
Beriggewer: Itha Opperman
Datum: 23 Mei 2013.
 

 

Itha Opperman, voorsitter van Rocklands tak, oorhandig kniekomberse aan Joan Duarte van KANSA,  by Interim Huis Strelitzia, Port Elizabeth.

 

Sirkel Middelland se Breiblokkie Projek het 2760 breiblokkies uit die geledere van Middelland se 15 takke opgelewer. ‘n Hele 92 kniekombersies kon tydens Konferensie 2013 onder die takke uitgedeel word om, volgens eie oorweging, aan kankerpasiënte in die onderskeie gemeenskappe geskenk te word.



Posted on 16 May 2013

Sirkel:  Middelland
Tak: Rocklands
Beriggewer: Itha Opperman
Fotograaf: Mariaan Coetzee
Datum: 16 Mei 2013
  
Die Rocklands tak het die interessante plekkie, Crossways Farm Village, tussen Port Elizabeth en Jeffreysbaai besoek.

 

Die wonderlike plekkie is in `n plaasomgewing en heeltemal selfonderhoudend. Die eienaar het selfs die plek as dorp geregistreer. Daar is 750 huiserwe uitgelê, sportfasiliteite, `n ledeklubhuis, `n hotel, uitmuntende sekuriteit en skole. Hulle kry hul melk, groente, water, elektrisiteit en boumateriaal alles op hul plaas. Hulle maal selfs hulle eie meel wat die heerlikste brood maak. Daar is ook `n restourant en oulike winkeltjies waar die lekkerste eetgoed gekoop kan word.

 

 

 

Dr Chris Mulder was die argitek (ontwerper) van Crossways. Hy was ook die ontwikkelaar by Thesons Eiland in Knysna.

 

Marissa Daniels het ons bederf met heerlike eetgoed wat hulle gratis aan ons verskaf het met die hulp van Mariaan Coetzee wat ook vir ons foto’s geneem het.
 

 
Dr. Chris Mulder spreek die dames toe.



Posted on 19 April 2013

Sirkel: Middeland

Tak: Rocklands

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: Greta Schoeman

Sameroeper: Mari Hendriks

Fotograaf: Mavis van Eyck

Datum: 18 April 2013

 

‘n Annique verkoopskonsultant, Rienie Marx, ook ‘n lid van Rocklands tak, het gereël dat die Annique areabestuurder, Bettie Marias, die Annique Forever Young DERMALIFT Galvanic-Ion Technology kom demonstreer.  Bettie het ook met ons gesels oor die verskillende tee's (almal natuurlik Rooibos) en ander produkte wat hul verkoop. ‘n Paar lede is ook bederf met ‘n handsorg behandeling.

 

 

 

Kwikkie Pretorius was die  gelukkige lid wat bederf is met ‘n 'halwe’ gesigsbehandeling! JA, natuurlik sodat ons die resultate kan vergelyk. 



Posted on 15 March 2013

Sirkel: Middelland
Tak: Rocklands
Beriggewer: Gretha Schoeman
Foto's: Mavis van Eyk.
Datum: 14 Maart 2013
  
Rocklands tak het by Open Sky Restaurant in Groenbossies gekuier ter viering van ons 27ste  verjaardag.

 

 

 

 

Kwikkie Pretorius het by Konferensie die trofee gewen vir Blomrangskikking! Sue Henning oorhandig Kwikkie se 1ste prys.
 

 

Ons is ook baie trots op Itha (ons voorsitter) se beker wat sy gekry het as die "beste" voorsitter en ook vir deursettingsvermoë. She leads by example. Itha het bloedkanker, maar is vir ons almal 'n voorbeeld, omdat sy so positief is en nie moed opgee nie. Sue Henning (visevoorsitter) en Shirley Botha (tesourier) het aan haar 'n kombers ( Sirkel Middelland se Breiblokke Projek, wat 84 kombersies vir kankerpasiënte opgelewer het) oorhandig.

 

 

Itha Opperman ontvang haar kombers by Sue Henning en Shirley Botha.

Categories