Posted on
23 October 2011
Beriggewer: Elsje Gräbe
Datum: 19 Oktober 2011
Dit was nou 'n lekker o!! a!! oggend. 'n Spesiale oggend vir die vroue en mans (wat braaf genoeg was) saam met Dr Koos van der Merwe. Hy het vir ons d.m.v sy gedigte en sang vertel hoe om 'n brug te bou.
Jy begin in die stilte diep, diep binne jouself na die anderkant. Die anderkant is jou geloof. Wanneer jy hierdie brug gebou het, dan begin jy 'n brug na jou medemens bou. Hy het sy praatjie afgesluit deur die bekende Louis Amstrong se lied What a wonderful world te sing.
I see friends shaking hands. . . saying how do you do.
They're really saying I love you.
Tydens die geleentheid het drie instansies geskenke ontvang van die tak. Die polisie Traumakamer te Sedgefied kry al die teddiebeertjies wat die lede gebrei het. Huis vir Bejaardes se afdeling vir die verswaktes kry 'n droograk vir wasgoed en mooi teekoppies, kleinbordjies en teelepels. Masithandane, 'n Sentrum vir Gemeenskapsdiens op Sedgefield kry twee lekker groot vlekvrye staal teepotte.
So met ons mondigwording het ons brûe gebou en geskenke uitgedeel.

Sedgefield se Teddiebeer-projek.

Dr Koos van der Merwe saam met Elsje Gräbe.

Mooi blomme binne mooi skoene.

Voorsitter besig om die tak omhoog te hou.
Posted on
21 June 2010
Ons is vriendelik by die deur ontvang en elkeen het ‘n sakkie met vars lourierblare gekry.
Jonge Hélène Coetzer met ‘n vriendelike welkom-glimlag. Wie sal nou nie ‘n VLV vergadering geniet as jy só welkom geheet word nie.

Die koue wintersdag begin met ‘n praatjie oor speserye. Hierdie tyd van die jaar soek ‘n mens die warm geur van speserye in dit wat jy eet of drink. Berg altyd jou speserye in ‘n glashouer met ‘n digpassende deksel op ‘n koel donker plek, en nie langs die stoof nie. Wil jy jou melktert “opdollie”? Kook die melk met ‘n paar gebreekte kardemomsade en suig deur, sprinkel kaneel en ‘n bietjie neut oor die melktert en bak. Gebruik kardemom in ‘n maaskaas nagereg - dit is heerlik en iets heeltemal anders. Gooi ‘n knippie kardemom in ‘n koppie warm swart koffie of tee. O! die geur vul jou van binne. Garam Marsala en Hoender Breyani resepte word uitgedeel.
Na spyse en drank volg ons huis. Jou huis is jou koninkryk. Die eerste gewaarwording wat iemand van jou huis kry is die reuk. Sit iewers laventel in ‘n vaas neer of touballe wat gegeur is. Kies die geur waarvan jy hou, nie Annie of Sannie se geur nie, maar jou eie. Na geur volg kleur. Jy het jou eie besondere kleur voorkeur. Maak ‘n fokuspunt in ‘n vertrek met hierdie kleur en onthou dit is winter, gebruik warm kleure. Teksture is ook belangrik. Gebruik grof, sag en syagtige teksture in warm kleure.
Laastens het ‘n huis warmte nodig en dit gee jy met jou vriendelike gasvryheid. Onthou dit is jou koninkryk.
‘n Uitstalling van Delft porselein, ‘n tafel gedek vir ‘n deftige aandete of troue en ‘n uitstalling oor Mars rond hierdie vergadering mooi af.