Posted on
07 June 2010
Caro Ekermans het vir ons nuus gestuur oor Stellenberg se werk- en partytjieaand.
Vanweë die Pinksterbidure moes Stellenberg tak noodgedwonge op 17 Mei hul werk-en partytjieaand aan huis van hul voorsitter hou. Die klomp het hulle nie laat keer nie en het die hele huis vol vergadering gehou. In die kombuis het Leonore Ward ‘n interessante Sushi demonstrasie gelewer en die lede het heerlik weggelê aan die voltooide produkte.
Daarna het Lydia van Reenen demonstreer hoe om krale servetringe vir die tak se Winter Kersfees-funksie, wat in Julie gehou word, te maak. Die klomp lede het daarna ywerig begin servetringe maak – woonkamer, sitkamer en eetkamer vol.
Om die aand feestelik af te sluit is daar met mening gevier en glasies geklink op die 80ste verjaardag van Tannie Henna Uys, ons kortste lid – maar beslis een van ons heel ywerigste lede!! Henna rangskik nog gereeld by konferensie en haar hekelwerk gaan vanjaar vir die soveelste keer kongres toe. Sy skryf maandeliks in vir ons kompetisies en al moet sy op ‘n bankie staan om by te kom, bak sy gereeld by ons maandelikse pannekoekverkopings by Legato, haar stapel pannekoeke.


