Posted on 26 October 2011

Beriggewer: Lucia Dorfling
Datum: 22 Oktober 2011

 

Op 22 Oktober 2011 het Steytlerville VLV hul 75ste verjaardag met swier gevier & ook Intertak vir Graaff-Reinet, Aberdeen, Jansenville & Willowmore aangebied.

 

Dit was `n gesellige oggend in `n pragtig versierde saal by Noorspoort  buite die dorp. Daar was heerlike tee & skons vir die moeë reisigers met aankoms, groeteboodskappe van belangrike mense, `n aangrypende sangsolo deur Karen Strydom en Natania Schmidt het ons vermaak, soos net sy kan, met haar demonstrasie van geskenke ‘opmaak’! Steytlerville VLV het erkenning gegee aan boere in die gemeenskap wat ons die afgelope jare op provinsiale vlak verteenwoordig het. Lucia Dorfling (VLVK Boerderyvennoot 2011) het `n pragtige bos rose ontvang nadat sy die sertifikate oorhandig het. Amore Bekker was die kersie op Steytlerville se verjaardagkoek met haar praatjie oor Kos, Knape & Knoue. Die sjampanje het gevloei en daar is gekuier tot na middagete.

 

 

Sertifikate van verdienstelikheid is aan landbou betrokkenes in die gemeenskap oorhandig: LNR Tiboy Deyzel (OP Dorper klub); Danie Bezuidenhout (Cacadu Raadslid) Ernie Deyzel (RPO & NWKV) Annette Deyzel (voormalige sirkelpresident & VLVK bestuurslid); Linda Henderson (Bokhaar Suid Afrika); Albie Jacobs (OKLU & RPO); Martin Dorfling (Agri OK) Lucia Dorfling (VLVK Boerderyvennoot 2011).

 

 

Karen Strydom, met die nagtegaal stem, was gaskunstenaar.

 

 

Helen Crouse (Ere-sirkelpresident van Middelland) het kentekens aan lede oorhandig: LNR Louise Kilian; Helen Crouse; Lucia Dorfling (20 jaar); Annette Deyzel (45 jaar); Marli du Plessis & Mariska Deyzel.

 

 

Reëlingskomitee by Amore Bekker (Annette Jacobs; Annette Deyzel; Amore Bekker & Lucia Dorfling).

  



Posted on 28 July 2011

Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: Lucia Dorfling

 

Die dames van Steytlerville tak het 'n heerlike Leefstyl vergadering geniet op 'n koue wintersdag in die Karoo.

 

Die gebruiklike koek en tee moes die knie buig voor smullekker warm blaarslaaisop & ‘dumplings’. 'n Mooi gedekte tafel in warm winterkleure het sommer luister aan die vergadering verleen.

 

Daar was darem nie net gesmul nie, want toe die sopkommetjies eenkant toe geskuif is, is daar werkswinkel gehou. Elke vriendin kon haar kreatiwiteit vrye teuels gee deur die allermooiste deurstop te maak. ‘n Pragtige en praktiese dekorartikel om jou huis op te vrolik.

 

Regtig `n gesellige saamkuier – dis mos waaroor VLV gaan!

 

 

 

 

 

 



Posted on 12 September 2010

Steytlerville tak se Leefstyl vergadering is by Lizzy’s Khaya in Vuyolwethu aangebied.

 

Sy het ons verwelkom met heerlike melktert en koeksisters. Later het sy ons haar hoenderkerrie laat proe – heerlik! Lizzy het ‘n kort oorsig oor haar lewe as huishulp in die distrik en later in Port Elizabeth gegee. Lizzy het groot respek vir huiswerkers en hul werkgewers, want sy sê dis waar sy leer bak het en hoe om haar finansies te bestuur. Vandag is sy ‘n suksesvolle entrepreneur en ‘n groot inspirasie vir haar gemeenskap. Sy het ook ‘n beroep op ons gedoen on te bid vir talle plaasmoorde. Lizzy en haar kerksusters bid gereeld daaroor.

 

Ons was bevoorreg om ons sirkelpresident, Lynette Martin, by ons te verwelkom. Ons koekblik wat uitgeloot word, was ‘n pondkoek, eg Amerikaans, sodat ons nie die Wêreldbekersokker so gou moet vergeet nie! Die winkelsnuffelaar het ‘n baie nuttige klerehanger gedemostreer wat baie plek in jou klerekas bespaar.

 

Op die foto is: Judy van Niekerk, Lizzy Snoek & Althea Scholtz
Agter: Mariska Deyzel, Lynette Martin(sirkelpresident) Annette Deyzel (takvoorsitter) Louise Kilian, Louisa Deyzel, Mara Deyzel & Lucia Dorfling

 

 

Categories