Posted on 11 August 2011

Portefeulje: Landbou & Tuinbou
Beriggewer: Ebenize Smalberger
Datum: 11 Augustus 2011
 

Deon Redelinghuys was die spreker tydens Stilbaai se onlangse vergadering. Hy open met Genesis 1: God het gesien dat alles goed was en die mens aangestel om te waak oor die aarde. Die mens is ongelukkig besig om dit wat goed is, dood te maak.

 

Dit wat verbrand word gee gifstowwe af, dit wat begrawe word stel nuwe gifstowwe vry wat in grond en water opgeneem word. Daar is dus net een opsie:


HERWINNING. Ouers moet hul kinders van jongs af leer om dit toe te pas.
Statistiek is soos volg: Papier 30%, Glas 6%, Plastiek 12%, Organies 30%, Elektriese apparate 12%, Metaal 10%. Dit is alles afval - so ons moet dink wat daaruit gemaak kan word, byvoorbeeld:
PLASTIEK - Teken onder bottel wys watter soort dit is. Van nr1 word waterdigte klere gemaak.
GLAS - word gesmelt en pragtige artikels van gemaak o.a. glase ens.
PAPIER - kan oor en oor gebruik word. Die laaste artikel is toiletpapier.
METAAL - word ook gesmelt.

 

Voorbeeld van die huisie op foto is alles uit herwinde materiaal gemaak. Kinders word op skool aangemoedig om dit in projekte te gebruik. In Stilbaai is ons al geruime tyd besig met herwinning. Kry gratis deurskynende plastieksakke van Munisipaliteit om afval in te plaas.

 

Hy sluit sy praatjie af deur dit te noem dat: VROUE DINGE LAAT GEBEUR en rig 'n uitdaging aan ons om HERWINNING toe te pas en almal rondom ons aan te moedig om dit te doen.

 

 

Deon Redelinghuys en Marie Cronjé (Landbou sameroeper).

 

 



Posted on 01 March 2011

VLV Stilbaai begin die jaar op 'n heel nuwe noot. Vergaderings vind plaas in die WAENHUIS by Jagersbos.
 

Praatjie oor die tegniek om materiaal te KREUKEL. Elma Hugo, van Victoria-Wes VLV, vertel hoe jy materiaal behandel om die kreukels daarin te kry. Voeringmateriaal werk baie goed. Vergroot jou patroon by synate met ongeveer 8cm. Werk af met omkapmasjien. Maak kledingstuk nat en draai styf op, knoop styf vas, plaas in mikrogolfoond, saam met koppie water, vir 8 minute op Hoog. Laat goed droog word, maak dan knope los. Kleiner kledingstukke word vir 4-5 minute in oond geplaas.

 

Beriggewer:  Ebenize Smalberger

 

Elize Crawford (sekr), Delene van Schalkwyk (voors), Elma Hugo (spreker), Corne van Schalkwyk (lid)




Posted on 04 October 2010

Internasionale dag by ons takvergadering in September. Hier is Marie Cronje by die uitstalling van Duitsland

Groete

Ebenize Smalberger

 

 



Posted on 28 July 2010

Stilbaai tak neem met leedwese afskeid van Sannie van Rensburg.

 

Sannie, wat in 1974 in Worcester by die VLV aangesluit het, was ook vir ‘n tyd lank lid van Wellington tak. Sy was sedert 1999, tot en met haar afsterwe, lid van Stilbaai tak.

 



Posted on 16 March 2010

Posmeester, Elsie Windvogel, het lede vertel van hul dienste aan die publiek.
Sy gee inligting oor die spoeddiens vir pakkies, TV lisensies en beleggings met ‘n minimum bedrag van R1000.


 
Ds. Willie Gouws deel sy kennis van sokker, wat hy in Mosambiek leer speel het, met lede.
Langenhoven Hoërskool te Riversdal is die eerste skool in SWD wat met sokker afrigting begin het. Dit is ‘n baie vinnige spel en veiliger as rugby. Om ‘n goeie speler te wees moet jy slim en vinnig wees. ‘n Doelskopper het sekondes om te besluit watter tegniek gebruik moet word vir die skop. ‘n Span bestaan uit 11 spelers en ‘n wedstryd duur 90 min. Die doelgebied is 16m vanaf doelhok.

 

 

“Sokkerkoors het ook by VLV dames vlam gevat.”, aldus Ebenize Smalberger.

Categories