Posted on
17 May 2012
Sirkel: Paarl
Tak: Suider-Paarl
Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: Gonny du Plessis
Datum: 16 Mei 2012
Tydens ons Mei vergadering is die drie projekte waaraan die lede tot dusver so ywerig gewerk het, uitgestal.

Slaapsakke vir haweloses, wat deur mev Susan de Klerk en helpers aanmekaar gesit is van plastiek en koerantpapier. Dit word ingehandig by die instansie wat dit sal versprei daar waar die behoefte is. LNR Susan de Klerk, Hester Smit en Thea Dixon.

Breiblokke vir KANSA projek. Lede van ons tak het blokke gebrei en sommige het komberse gehekel. Dit word aan KANSA oorhandig om te gebruik waar nodig. LNR Wilma Kock, Hester Smit en Bertha Spangenberg.

Ons tak het by die vergadering niebederfbare produkte ingesamel vir "arm en behoeftige mense". LNR Kearney Lubbe, Hester Smit en Junia Meissenheimer.

Ons tak se voorsitter, mev Hester Smit met die Welwillendheidskers wat by elke vergadering opgesteek word deur een van die lede of die gasspreker van die dag en met die houer vir Vriendskapsmunte wat ook by elke vergadering aan die lede voorgehou word vir 'n bydrae.
Posted on
19 April 2012
Sirkel: Paarl
Tak: Suider-Paarl
Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: Gonny du Plessis
Datum: 18 April 2012
Dit was ‘n takvergadering gehou in die Historium van die Afrikaanse Taal Museum.
Dit was die tak se eerste vergadering na Konferensie en ons voorsitter, mev Hester Smith, het die beker wat gewen is vir die tak met die meeste inskrywings en punte tydens die konferensie, aan die lede gewys.
Die sekretaresse, mev Berta Spangenberg het mev Hester Smit geluk gewens met haar 80ste verjaardag wat op die 11de April 2012 was.
Die lede het almal ‘n geskenkpakkie met toiletware gebring vir die Armoede Projek. Die pakkies sal later uitgedeel word by die Verpleegsorgsentrum van Huis Vergenoegd in die Paarl.

Berta Spangenberg wens Hester Smit geluk met haar 80ste verjaardag.

Hier spog mev Hester Smit,die voorsitter van Suider-Paarl tak, met die beker vir die meeste inskrywings en punte behaal tydens Konferensie in Malmesbury.

Links is die sekretaresse, Berta Spangenberg en regs mev Wena van der Merwe. Die karton is vol geskenkpakkies met elk 5 toiletware vir die Verpleegsorgsentrum van Huis Vergenoegd in die Paarl.
Posted on
18 November 2011
Beriggewer: Gonny du Plessis
Datum: 16 Nov 2011
Dames met hul bekers vir die meeste punte in verskillende afdelings, tydens Suider-Paarl tak se afsluitingsfunksie.

LNR Junia Maissenheimer, Berta Spangenberg, Susan de Klerk, Wilma Kock, Annie van Schalkwyk en Hester Smit (voorsitter).
Posted on
20 October 2011
Beriggewer: Gonny du Plessis
Datum: 19/10/2011
Suider-Paarl tak wen die Intertak beker vir die meeste punte vir inskrywings.

LNR Berta Spangenberg, Hester Smit (voorsitter), Junia Maissenheimer en Wilma Kock.
Posted on
28 April 2011
Die VLV tak van Suider-Paarl het onlangs ‘n nuwe trofee vir die dame wat die meeste punte deur die jaar verwerf het, aangekoop. Ons het weggedoen met die outydse bekers en ‘n meer moderne trofee gekry.
Hier staan Alet Ritter, ‘n lid en skenker van die trofee (links) Wilma Kock wat die meeste punte verwerf het en Hester Smit, voorsitster van die tak, met die trofee.
