Posted on
03 December 2009
Ronell Herselman het nuus gestuur oor Tarkastad se afsluiting.
Die afsluitingsvergadering is gehou by Mimsie van Heerden op die plaas. Die lede het lekker saam gekuier en Kersliedere gesing in Afrikaans en Engels, onder begeleiding van Dalena Smit.
Sonna Kitching het 'n praatjie gegee oor die toedraai van geskenke op 'n ekonomiese manier.

Emma Botha (45 jaar) en Mimsie van Heerden (50 jaar) het hul
kentekens ontvang, asook erelidmaatskap gekry van Tarkastad tak.

Lede wat verskeie toekennings ontvang het:
Voor: Kotie Bouwer, middel: Sonna Kitching, Emma Botha, Helena van Schalkwyk, Mimsie van Heerden, May Owen en agter: Dalena Smit

Suster Susanne Bekker van Tarkastad Kliniek het 'n praatjie gelewer oor dieet en dieetpille.

Posted on
26 August 2009
Tarkastad se VLV Kookkuns sameroepsters Annie Griebenouw het 'n baie interessante vergadering aangebied oor Indiese geregte, gebruike en tradisies. Sharon Ryan het as spreker opgetree en 'n demonstrasie gelewer oor verskillende geregte naamlik:
Tandoori Chicken, Beef Curry, Roti (handmade bread), Soji (semolina Pudding)asook Sambals soos Katcha (raw) Tomato Chutney, Raita (yogurt), Pudina (mint) Chutney en Carrot Salad (Indian style). Tydens die demanstrasie het sy van die verskillende speserye wat in Indiese geregte gebruik word verduidelik en voorbeelde omgestuur waaraan die vroue kon ruik en proe.
Sharon het ook die gebruik van 'n sari verduidelik terwyl sy haar eie duursame trou sari (van R30 000) om Annie Griebenouw gedrapeer het. Die sari is so duur omdat dit handgemaak is en goud daarin geweef is. Die skoonouers van 'n bruid gee vir die bruid 'n sari op haar troudag om aan te trek.
Na die demonstrasies het die vroue heerlik gesmul aan die Indiese geregte. Hulle het egter verkies om met 'n teelepel te eet, aangesien die Indiese manier om met die hand te eet, net te moeilik was.

Annie Griebenouw, Sharon Ryan en Sonna Kitching tydens die kos demonstrasie

Sharon Ryan en Annie Griebenouw vertoon hul sari's
Posted on
26 August 2009
Die dames van Tarkastad VLV het 'n Hi-Tea gehou op 25 Augustus om Vrouedag te vier.

Liesa King en Diane McEwan

Tracy Frost, Cara McEwan , Michelle Lefbvre en Nicky Phillips