Posted on 24 August 2011

Portefeulje: Opvoeding & Kultuur
Beriggewer: Magda le Roux

 

Upington-VLV hou op 11 Augustus ons Opvoeding en Kultuur vergadering in die plaaslike Museumkerkie onder leiding van Mevv. Francis Naude en Truia Kohne.
 

Upington is in 1871 as 'n klein sendingstasie langs die Groot Gariep deur eerwaarde Christiaan Schröder gestig. Hy het die sendingstasie "Olijvenhoutsdrift" genoem. Die planne van die kerkie is in 1871 opgetrek en in 1875 is dit in gebruik geneem. Die pastorie is in 1883 voltooi.

 

In 1896 is dit herdoop tot Upington ter ere van sir Thomas Upington, die eerste goewerneur van die Kaapkolonie. Die dorp het in 1898 munisipale status verkry.

 

Upington is geleë op die walle van die Oranjerivier en die treinbrug oor die rivier is die langste treinbrug in die land. Nadat die brug die derde keer herbou is, was die vloedwaters nog nooit weer oor die brug.

 

 

Truia en Francis voor die oorspronklike preekstoel.

 


 
Ons ontvang takbesoek van Oranjevallei tak.

 

 

Almal sing lekker volksliedjies en geniet 'n grappie van Mev Joey Neethling.

 


 

Mnr Theuns Louw kom bied 'n rekenaar lesing aan om die dames meer rekenaargeletterd te bekwaam. Talle vrae en probleme word behandel. Daar word besluit dat hy rekenaarklasse sal aanbied. Die dames is baie opgewonde.

 

 

LNR Mevv. Magda le Roux, Kasoepie van Niekerk en Berna vd Westhuizen saam met Theuns Louw.



Posted on 25 May 2011

VLV Upington tak hou hul Openbare Sake vergadering by die plaaslike ouetehuis Oranje Hof. 'n Ligte programmetjie is aangebied waarna tee en verversings bedien is.
 

 

Mev Sunette Louw, takvoorsitter, lewer pragtige vioolspel. Later in die program begelei sy volksliedjies terwyl almal vrolik saamsing.

 

 
Tydens die algemene vergadering vind die 2010 prysuitdeling plaas.

 

 

LNR: Mevv. Francis Naude en Sue Bekker ontvang hul 35jr lidmaatskap kentekens van Mev S. Louw.
 

Pryse van sirkelkonferensie word oorhandig, asook die tak se prysuitdeling. 

 

 

LNR: Mevv. S Louw ontvang die Babsie Strauss-trofee vir die Takvoorsitter wie die flinkste reageer op sperdatums en opdragte, Elmarie Engelbrecht ontvang pryse en trofeë vir al haar inskrywings nl. breiwerk, hekelwerk en wisselafdeling, en Rina Brink ontvang die trofee vir handvlyt.



Posted on 11 October 2010

Sirkel Noordwes-Kaap se 9 takke het boeke bymekaar gemaak en van die boeke word geskenk aan Mev Daleen Moller van Friersdale vir haar plaasbiblioteek. By ons algemene vergadering oorhandig Mev Wilna Nel, Sirkelpresident Noordwes Kaap, boeke aan Anzil Kulzen, skrywer van die jeugroman, ZITA.

 

Anzil is gebore en getoë op Upington. Vanaf 2000 tot 2010 is sy medewerker vir Carpe Diem Media van Bybeldagboeke. Sy lewer bydraes tot verskeie publikasies van o.a. DE KAT, DIT, FINESSE en ROOI ROSE.

 

In 2009 word haar jeugroman, ZITA, voorgeskryf vir Gr 12 Eerste Addisionele Taal IEB skole. Daar is nog vele meer uit haar pen, maar in 2009 word sy aangestel as fasiliteerder van LAPA Uitgewers se Noordkaap gemeenskapsprojek met die volgende funksies:


• Werf van nuwe skrywers
• Aanbied en organisering van skryfskole
• Fasiliteerder van leesklubs in arm woonbuurte
• Lees- en skryfbevordering by arm skole
• Sy is ook Direksielid van die Afrikaanse Taalraad

 

Sy vertel kortliks van suksesstories in haar werk. Hoe vroue in plakkerskampe as talentvolle skrywers en digters na vore kom en hoe ma en kinders saam leer lees nadat hul van haar vrouebyeenkomste bygewoon het. Sy versprei die boeke onder hulle en so ontwikkel die vroue se selfbeeld en eiewaarde.  

 

  



Posted on 21 October 2009

Upington tak het 'n deftige feestelike vonkelwyn-ontbyt by Havana,'n Kubaanse pub gehou ter viering van VLVK se 80ste verjaardag. Elke lid het 'n gas genooi en vorige voorsitters het ook die geleentheid bygewoon. Behalwe vir die noodsaaklike formaliteite is FAK-liedjies gesing en die personeel en ander besoekende kliente het spontaan saamgesing. Wat 'n pragtige toonvenster vir VLV.

 

 Magda le Roux en Magda Page klink 'n glasie.

 

Mev Wilna Nel, Sirkel NWK-pres. stel die heildronk in op VLVK met die woorde "Vroue kry nooit genoeg van VLV, want ons kan nie die kosbare nalatenskap verwaarloos of tot niet laat gaan nie."

 

 Mevv Sunette Louw (huidige voors), Babsie Strauss(SNoordwesK erepresident), Lida Eksteen en Marietjie Roussouw (oud-voors), Kasoepie v Niekerk(vise-voors).

 

'n Verjaardag koek is deur Elmarie Engelbrecht gebak en kerse is gebrand as simboliek van 80 bestaansjare en ter nagedagtenis aan baanbrekers van die vereniging.

 

Tannie Max Minnaar en Sunette Louw deel 'n grappie.

  

Mev Christie Engelbrecht, oud vlv lid, kom verras ons met 'n pragtige verjaardag liedjie en op versoek sing sy ook heel gepas "Sweef soos 'n Arend".  Baie dankie Christie!!!!!

Categories