Posted on
30 March 2011
Marina Scholz het gesels oor velsorg en Avon produkte, geskik vir elke veltipe, aan die dames voorgestel.
Anita Rust van Britstown wys wat die nuutste modekleure en -klere vir 2011 is en sy lig almal in oor die nuutste grimeerneigings.
Almal kry ‘n “rough skin remover” om van al die growwe vel en harde plekke binne die hande ontslae te raak. Almal se hande is daarna in lekker sagte, seperige water gewas en met die heerlikste room gesmeer.. Sy gee inligting oor hand- en naelsorg.
Wonderlike geskenkbewyse is so tussendeur uitgedeel. Een daarvan was vir Hot Stone Therapy. Hot Stone Therapy is 'n spesialiteit massering wat gebruik maak van gladde, warm klippe. Die klippe is dikwels basalt, 'n swart vulkaniese rots wat hitte absorbeer en baie goed behou. Die hitte is diep ontspannend en help ook om stywe spiere te ontspan. Die dames het ook bewyse ontvang vir onder andere, ‘n gesigbehandeling, pedikuur, manikuur, besoeke aan die haarsalon en ‘n Aromaterapie nek- en rugmassering.
Daar is heerlik saam gekuier rondom ‘n ligte middagete, voordat Ricky Gouws aan die beurt gekom het.
Ricky is ‘n gekwalifiseerde hondeskou beoordelaar en spesialis in die gedrag en opleiding van honde. Sy het raad gegee oor hoe ons, ons honde moet hanteer en teenoor hulle moet optree. Dit was baie interessant!
Posted on
23 March 2011
Ons wil graag aan hulle sê hoe spesiaal hulle vir ons is.
Tannie Petro van Rensburg, het reeds as skooldogter by die destydse dogterstak aangesluit. Petronella Nolte en haar suster Susanna het gereeld aan kompetisies deelgeneem. Met tannie Petro se troue in 1949 het haar moeder, tannie Susie Nolte, al die reëlings self getref en die VLV het die spyseniering gedoen vir die bedrag van £45.
Tannie Petro het in 1954 by die VLV aangesluit en baie jare op die bestuur gedien. Sy was ‘n getroue en aktiewe lid en het gereeld aan tak, sowel as skoukompetisies deelgeneem en baie pryse gewen. Sy het tot onlangs nog gereeld vars, gebakte en gebottelde produkte gebring vir die marktafel. Die geld het net so vir die VLV-kas gegaan. Tannie Petro is reeds 56 jr. lid van die VLV tak van Vosburg.
Van links: Lielie Fourie, Lenie van Wyk en Petro van Rensburg.
Tannie Anna Erasmus het reeds voor haar troue by die VLV aangesluit in Julie 1949. Sy was ‘n aktiewe lid wat baie jare op die bestuur gedien het en graag aan kompetisies deelgeneem en baie pryse gewen het. Die VLV het ‘n skietklub gestig en tannie Anna was die kaptein daarvan. Sy het ook by die Weermag Kommando aangesluit en het pragtig gelyk in haar weermaguniform. Tannie Anna is in hart en siel ‘n VLV lid en is reeds 61 jaar lid.

Vosburg is ook bevoorreg om vier oudlede te hê:
Tannie Anne Borman: 1952 -1966
Tannie Lielie Fourie: 1953 -1983
Tannie Lenie van Wyk: 1969 – 1973, 1982 - 1991
Mariaan (van Rensburg) Muller: 1968

Van links: Anne Borman, Kitty van Heerden, Mariaan Muller en Lielie Fourie.