Posted on
13 April 2012
Sirkel: Weskus
Tak: Vredenburg
Portefeulje: Landbou en Tuinbou
Beriggewer: Ann Meyer
Datum: 12 April 2012
Besoek aan Amelia Proteaplaas te Hopefield.
Die dames van Vredenburg het Donderdag 12 April besoek gebring aan die proteaplaas. Daar het ons ‘n toergids gehad wat ons meer vertel het oor die boerdery. Daar word verskillende variëteite gekweek wat dan aan kwekerye verkoop word. Die proteas word ook oorsee uitgevoer.
Daarna het ons by Hopefield Lodge gaan middagete geniet en toe is ons na ‘n kunsmuseum op Hopefield. Daar word verskillende skilderye uitgestal van bekende skilders van die omgewing. Die museum lok baie oorsese besoekers wat van die skilderye koop. Daar is baie skilderye van ons omgewing bv. die visserhuisies, die see en plante en diere van die Weskus.

Colleen Groenewald, Annatjie Alberts, Karin Avenant en Marieta Coetzee.

Kyk hoe pragtig!

Wim Hoogendijk (Annelie Hoogendijk – lid se man), Marina Nel, Naomie Loftus, Marieta Coetzee, Atella de Vos-Storm, Colleen Groenewald en Toerleidster.
Posted on
31 October 2011
Portefeulje: Openbare Sake
Beriggewer: Ann Meyer
Datum van gebeurlikheid: 19/10/2011
Die VLV dames van Vredenburg het Huis Sesonke besoek waar hulle toiletware en eetgoed uitgedeel het.
Huis Sesonke is ‘n Tehuis vir Volwasse Gestremdes. Daar word hulle handvaardighede geleer naamlik kralewerk, mosaïek asook die maak van kussings. Die artikels word verkoop om geld in te samel vir die Tehuis. Hulle doen ook werk vir ‘n plaaslike visfabriek – opsny van toue in sekere lengtes.

Posted on
05 October 2011
Portefeulje: Landbou en Tuinbou
Beriggewer: Ann Meyer
Datum van gebeurlikheid: 21/09/11
Die dames van Vredenburg het besluit om bome te gaan aanplant by die KARITAS Skool. Die skool is vir kinders wat nie 'n gewone skool kan bywoon nie.
Die skool bestaan uit 152 leerlinge, die skoolhoof asook 10 onderwysers en 'n arbeidsterapeut. Die groter kinders word geleer om artikels te maak met herwinbare produkte. Die ouderdomsgroep van die kinders wissel van 6 tot 18 jaar. Sommige kinders gaan werk by winkels as pakkers.
Ons het 2 Waterbessiebome en 4 Palmbome geplant en van die kinders het gehelp om die 6 bome in die grond te kry.

2 Leerders van KARITAS Skool plant 'n Waterbessieboom.

Nog 'n leerder is besig om 'n boom te plant, terwyl Ann Meyer die boom vashou en die skoolhoof, mnr. Erasmus, toekyk. Agter staan Susan v.d Merwe, Marieta Coetzee en Naomie Loftus.