Posted on
18 August 2009
Verskeie van lede het diensknopies ontvang by die jaarlikse Afsluitingsvergadering wat plaasgevind het by die Dienssentrum te Struisbaai. Tydens die vergadering is demonstrasies van 'n kersboom, asook 'n kerskrans deur Ann Gunning gelewer, waarna die taktrofeë oorhandig is. Die vergadering is afgesluit met 'n heerlike ete, voorberei deur dames van Struisbaai.

Agter (vlnr): Sannie Gayba (30 jr), Jossie Swart, Madelene Loubser, Aletta Kemp (almal 20 jr), Ina Odendaal, Hilda Albertyn (beide 10 jr). Voor (sittend): Magda Bellingan (50 jr), Ann Gunning (10 jr)

Marie Spamer (links) en Ann Gunning (regs) met die trofeë wat oorhandig is