Posted on 26 August 2009

Hofmeyr tak het die sjampanjeproppe laat skiet tydens hul onlangse vergadering. Hierdie plattelandse tak met 47 lede het 'n algehele 3de plek by die onlangse kongres behaal. Altesaam 10 kongresartikels het twee tweede plekke en 'n vierde plek behaal. Ter viering van hierdie gebeurtenis is heerlike eetgoed saam met sjampanje bedien.

Lede van Hofmeyr VLV wat meegewerk het om goeie Kongrespunte in te samel:

v.l.n.r. Agter: Susan Vermaak (Masjienwerk), Teresa Opperman (Handvlyt & Kuns) Heilli Marais (Voorsitter), Rosemary Jordaan (Kuns), Rika Pienaar (Handvlyt)

Voor: Karen Fletcher (Hekelwerk & Borduurwerk) & Elsa Marais (Hekelwerk, Breiwerk & Borduurwerk

Comments are closed

Categories