Posted on 27 August 2009

Piketberg Tak hou vir die 3de agtereenvolgende jaar Tienerkok kompetisie.

Die tema wat die leerders mee gewerk het was – “Sintuiglike Sensasie – ‘n inspirasie vir ‘n feestelike okkasie”.  Hulle moes ‘n driegangspyskaart vir ‘n laatontbyt ( “brunch” ) saamstel.

Die middag was die gala geleentheid en die Gasspreker Anita Roux van Oemf het aangesluit by die deelnemers se tema.  Die tafels vir die middag was baie verfrissend en vars, en het jou die gevoel gegee van ‘n laatontbyt.

 

Daar was verskeie uitstallings van kunswerke, juweliersware tot sowaar sjokolades wat met die hand gemaak word.  Die dag was ‘n baie GROOT sukses en die finaliste se pryse was ongelooflik.  Dankie ook aan fantastiese borge wat die middag moontlik gemaak het.

Lizelle du Toit

 

  

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Comments are closed

Categories