Posted on
27 August 2009
GESONDHEID : O.l.v JANET WEST
Die spreker Marda Oosthuysen het gefokus op hoe die tieners van môre moet lyk. Sy sê dat geestesgestremdheid nie gesien moet word as die afwesigheid van ‘n geestesiekte nie, maar eerder hoe jy dit kweek. Hoe kry mens dit reg om jou tiener as ‘n geestesgesonde mens die volwasse lewe in te stuur.
Aan die hand van ‘n miniatuur noodhulptassie, wat sy aan elke lid uitgedeel het, het sy verduidelik wat elk daarvan vir ‘n tiener beteken. Die veiligheidskombers is ‘n kombers van liefde wat uiters noodsaaklik is. Om onvoorwaardelik lief te hê moet nie verwar word met die dra van hul gevolge weens ‘n verkeerde keuse nie.
Die pleister in die tassie wys dat ouer en kind aan mekaar moet vashou, want hulle het mekaar nodig. Die selfoon dui op sekuriteit – ‘n oop lyn na hul ouers toe. ‘n Gesonde verhoudingslewe met jou tiener sal baie spanning en ongelukkigheid soos mis voor die son laat verdwyn. Tweedens word aanvaarding erken as een van die mees basiese behoeftes van tieners.
In die tassie was ook ‘n botteltjie tablette vir eerlikheid, ‘n smeermiddel vir erkenning en kapsules vir ‘n positiewe gesindheid.
Bessie Kriek