Posted on 07 September 2009

Annemarie Skibbe vertel van VLV Strand se verjaarsdagvergadering wat op Dinsdag 18 Augustus 2009 plaasgevind het.  

Die tak is vanjaar 78 jaar oud en dit is feestelik gevier met sang, musiek, dans en blommerangskikkings.   Jackie Greyvenstein en haar gasvrouens het gesorg vir besonderse verversings.  Om erkenning te gee aan die groot aantal Duitssprekendes in ons gemeenskap het ons besluit om erkenning aan hulle te verleen en het die vergadering met die kunstenaars ‘n Duitse atmosfeer gehad. Sang deur Harold Schröder en Umberto Mecenero, begelei deur Lizette Kraus en dans deur Magriet Kotze en Umberto het luister aan die geleentheid gebied.  Mev. Gisela Jespersen het baie interessant vertel hoe verskillende feeste in Duitsland gevier word.

Bygaande foto’s lig van die gebeurlikhede toe.

 

Ons verjaardagkoek met SA vlag. Daar was nog ‘n koek met Duitse vlag op.

Die rangskikking is deur Jossie v Schoor gedoen.

 

 

   

Op die foto: Jackie Greyvenstein & Leta du Preez 

  

‘n Groepie van ons kunstenaars:

vlnr Umberto Mecenero en sy eggenoot, Dr. Douwna Nieuwenhuys, Jackie Greyvenstein, Gisela Jespersen en Harold Schröder

Comments are closed

Categories