Posted on 13 September 2009

Op Dinsdag, 1 September, vier ons lentedag met die geur van laventel oral in die saal.  Me Rykie Venter, Projek Fasiliteerder van Cansa, en Dr Vic Hamilton-Attwell vanaf Hermanus het ons kom toespreek oor navorsing wat gedoen is oor verskeie oorsake van kanker deur gevare in ons huise en in ons onmiddellike omgewing. 

 

Navorsing gaan nou uitgebrei word na karsinogene wat in voedsel en in die omgewing gevind word om die verbruikers op te voed oor die gevare in ons onmiddellike omgewing.  Dit volg op erkenning dat omgewings faktors daartoe mag bydra tot ongeveer 90% van alle kankers.  Genetiese faktore dra maar tot 10% by.

 

Cansa reken dat ongeveer 30% van kankers deur sigaretrook veroorsaak word, 15% deur dieet, tussen 10% en 20% deur besoedeling en dieselfde getal deur infeksies.  Dr Hamilton-Attwell wys ons op verskeie voorbeelde wat ons elke dag in ons huise gebruik en wat vermoedelik daartoe bydra dat die voorkoms van kanker in jong kinders met geen geskiedenis van kanker so hoog is.  

 

Na afloop van die praatjie word 'n tjek ten bedrae van R1000.00 aan Cansa oorhandig.  Marie Spamer ontvang ook die trofee vir haar 2de plek vir Weefwerk wat tydens kongres verower is.

  

 

Marie Spamer (links) ontvang die trofee vir die 2de plek vir haar weefwerk by kongres van Lorraine du Toit

 

me Rykie Venter (Cansa) en Dr Vic Hamilton-Attwell van Hermanus

Comments are closed

Categories