Posted on 18 September 2009

Elsabe Schlechter het nuus gestuur oor Welgemoed se gemeenskapsprojek, die Alta du Toit Tehuis vir Gestremdes.  

 

Marina van der Meulen het lede vertel van al hul werksaamhede by die Tehuis en pogings om fondse in te samel. Een so ‘n manier om fondse te in, is deur die verkope van artikels wat die inwoners maak. Welgemoed-lede het die geleentheid gekry om hul handewerk te sien en daarvan te koop. Daar word ook aktief probeer om werksgeleenthede vir die inwoners en dagbesoekers aan die tehuis, te skep en te vind. Hulle koor, met klavierbegeleiding deur een van die inwoners aldaar, het algar teenwoordig vermaak. Sowat ‘n derde van die inwoners woon al in die Tehuis sedert die stigting 30 jaar gelede. In baie gevalle het hulle geen kontak met hulle families nie.  

 

      

 

  

By dieselfde geleentheid het Kaptein Fienie Nimb van die Bellville Polisiestasie nuttige inligting oor algemene veiligheid en paraatheid aan lede meegedeel. Sy het dit op 'n informele en prettige manier oorgedra, wat veel daartoe bygedra het dat die inligting en wenke nie maklik vergeet sal word nie.

 

 

Comments are closed

Categories