Posted on
20 September 2009
Tydens ons jaarlikse Lente-tee vir die inwoners van Huis Dhaneel, het Britstown VLV lede “loslitterig” geraak en die inwoners vermaak met hul jollighede en getrakteer met lekkernye.
Terselfdertyd het hul deel gehad aan LOSLITDAG, elk met hul eie interpretasie van die geleentheid.
Ons is baie trots op twee van ons lede wat beslis reik vir die sterre: Elsa Human, skaars twee jaar lid, het die 2de plek vir HEKELWERK op KONGRES behaal, en Ivonne Gentle was nie net ‘n spreker by Kongres nie, maar het ook 'n 5de plek vir haar HEKELWERK behaal.
Ons volgende vergadering vind plaas die 7de Oktober 2009 by die Buiteklub om 09H30. Trek asseblief jou eie of jou ouma se partytjie rok aan!!