Posted on
22 September 2009
Sirkel Noordwes-Kaap loods 'n boekeprojek om geletterdheid en kreatiewe handvaardigheid te bevorder. Met 'n oorweldigende reaksie op 'n skrywe aan LESERSKRING is vragte boeke ontvang. Die volgende instansies is geïdentifiseer: Die ACVV Dienssentrum, openbare biblioteek, gestremdes, en 'n opleier by die gevangenis.
Mev Wilna Nel, sirkelpresident, het tydens Upington VLV tak se algemene vergadering op 10/09/09 die boeke oorhandig.

Mnr Alex du Plessis ontvang die boeke vir die ACVV-dienssentrum.

Mev Jocomina Botes, Nicro maatskaplike werker, ontvang die boeke om aan die opleier te
oorhandig wat handwerkklasse vir vroulike gevangenes aanbied.

Jackie, middel, ontvang die boeke vir die biblioteek, met links Wilna Nel en Kasoepie van Niekerk, ons tak se skryfster, regs.

Mev Helene Kriel, links, ontvang die boeke om aan die Gestremdes te oorhandig. Regs is mev Sunette Louw, voorsitter Upington tak.