Posted on
21 October 2009
Upington tak het 'n deftige feestelike vonkelwyn-ontbyt by Havana,'n Kubaanse pub gehou ter viering van VLVK se 80ste verjaardag. Elke lid het 'n gas genooi en vorige voorsitters het ook die geleentheid bygewoon. Behalwe vir die noodsaaklike formaliteite is FAK-liedjies gesing en die personeel en ander besoekende kliente het spontaan saamgesing. Wat 'n pragtige toonvenster vir VLV.

Magda le Roux en Magda Page klink 'n glasie.

Mev Wilna Nel, Sirkel NWK-pres. stel die heildronk in op VLVK met die woorde "Vroue kry nooit genoeg van VLV, want ons kan nie die kosbare nalatenskap verwaarloos of tot niet laat gaan nie."

Mevv Sunette Louw (huidige voors), Babsie Strauss(SNoordwesK erepresident), Lida Eksteen en Marietjie Roussouw (oud-voors), Kasoepie v Niekerk(vise-voors).

'n Verjaardag koek is deur Elmarie Engelbrecht gebak en kerse is gebrand as simboliek van 80 bestaansjare en ter nagedagtenis aan baanbrekers van die vereniging.

Tannie Max Minnaar en Sunette Louw deel 'n grappie.

Mev Christie Engelbrecht, oud vlv lid, kom verras ons met 'n pragtige verjaardag liedjie en op versoek sing sy ook heel gepas "Sweef soos 'n Arend". Baie dankie Christie!!!!!