Posted on
25 October 2009
Langebaan tak se tema vir die oggendtee was “Tee op ‘n Griekse eiland”, geïnspireer deur die film Mamma Mia. Die saal is vooraf versier met skulpgruis, klippe en panele, wat spesiaal deur ‘n lid geverf is om dié “eiland” atmosfeer te skep. Selfs die kaartjies wat verkoop is, was met hierdie pragtige venstertoneel versier.
Die oggend is geopen met die woorde “Vier jou vrouwees met passie en oorgawe”. ‘n Paar ABBA liedjies is met oorgawe gesing deur Wilmarie Turner.
Elbeth Liebenberg, blommerangskikker van formaat, het op die maat van musiek uit bg. film 5 pragtige blommerangskikkings gedemonstreer. Elkeen het iets uit die film uitgebeeld, bv. die 3 mans, die vroue, die jeug en die huweliksonthaal.
Lede van die tak het die oggend afgesluit met ‘n pragtige dans item, ook op die musiek van Mamma Mia.
Daar was 18 pragtige feestafels gedek met die mees fantastiese feestelike koeke. 150 gaste van Langebaan en omgewing het die funksie bygewoon.
Almal is dit eens dat dit ‘n voorreg is om deel te kon wees van VLVK en saam met al die ander VLVK lede om 10h30 die heildronk te kon drink. Lank lewe VLVK!!!!
Rosa Lategan en Elbeth Liebenberg

Tema - Griekse eiland

Elbeth aan die werk

Die lede dans te lekker!

Lyk lekker né!

'n Feestelike koek

'n Feestelike tafel

Nog 'n lekkerrrr koek!!!

VLV koekspaan in gebruik!

Ons klink 'n glasie op VLVK
