Op Dinsdag, 3 November 2009, vergader lede en gaste by The Country Manor op Bredasdorp waar ons die jaar op ‘n vrolike noot afsluit. Voorsitter verwelkom almal waarna die jaarverslag deur Ina Odendaal gelees word en ons weer in ‘n neutedop kon sien wat alles gedurende die jaar 2009 vermag is.
Nadat Marietjie Visser en 2 van haar dogters ‘n trio van kersliedjies gelewer het, word ‘n oorsig van die jaar en ook ‘n vooruitskouing van wat vir 2010 beplan word, deur Lorraine du Toit gegee. Maritha Eloff is volgende aan die beurt en lewer ‘n treffende boodskap waar ons hoor dat ons moet Voluit leef met V L V in Bredasdorp. Sy spel die woorde as volg uit: V – Vertroue, L – Liefde, V – Vreugde, B – Boodskap, D – Dankbaarheid.
Vir hulle 100%-bywoning gedurende 2009, word ‘n geskenkie oorhandig aan Ann Gunning, Suzette Neethling, Marie Spamer, Corrie Swart en Jossie Swart. Diensknopies word ook oorhandig aan Hester Swart vir 30 jaar lidmaatskap, asook aan Sannie Wessels vir 40 jaar lidmaatskap.
Die volgende trofeë word ook oorhandig vir ywerige deelname aan kompetisies gedurende 2009:
Van Heerden-trofee (Meeste punte vir Blomme) - Ann Gunning
Spamer-trofee (Meeste punte vir Gebak) - Jossie Swart
Eksteen-trofee (Meeste punte vir Naaldwerk) - Lettie de Bruin
Suidhoek-trofee (Meeste deelname) - Ann Gunning
BNK-trofee (Meeste punte - Konferensie) - Ann Gunning
Nadat lede elkeen ‘n kersgeskenkie gekies het, geniet ons ‘n heerlike ligte ete wat afgesluit word met die heerlikste kaaskoek en koffie / tee.
Lede word almal ‘n geseënde kersgety toegewens. Die vertroue word uitgespreek dat 2010 vir elkeen in meer as een opsig voorspoedig sal wees.
Bredasdorp VLV Bestuur vir 2010:
Agter (vlnr): Ann Gunning (Tesourier, Kunste & Handvlyt); Jossie Swart (Hulp-Sekretaresse, Openbare Sake); Ina Odendaal (Sekretaresse); Lorraine du Toit (Voorsitter); en Amanda Beyers (Gesondheid)
Voor (vlnr): Marie Spamer (Vise-Voorsitter, Leefstyl); Riona Swart (Landbou); en Barbara Mandy (Opvoeding)
.JPG)
Magda Bellingan en Marie Spamer wat Ere-lidmaatskap ontvang het by die 80ste verjaardag.
.JPG)
Diensknopies is oorhandig aan Sannie Wessels (40 jaar lid) en Hester Swart (30 jaar lid).
.JPG)
Jossie Swart en Ann Gunning met die trofeë wat hulle ontvang het vir deelname aan kompetisies gedurende die jaar. Lettie de Bruin was ongelukkig afwesig – sy ontvang die trofee vir die meeste punte in Naaldwerk.
.JPG)