Posted on 08 February 2010

Liezel Botha (onder leiding van Christel Steenkamp) het nuus gestuur oor Niekerkshoop tak, wat die jaar afgeskop het met 'n modedag. Die modedag is gereël deur die sameroeper van Leefstyl, Ronél van Biljon, en haar helpers.

 

 

Lede is in groepe verdeel en elke groep het 'n ontwerpopdrag en koerante ontvang.  In 'n opgewekte atmosfeer het dames geskaterlag terwyl die ontwerpers hul modelle in koerant-uitrustings getooi het.

 

 

Ronél, geklee as Hannon Botma,  het die uitrustings met 'n skerp humoristiese aanslag beoordeel en in (wat net beskryf kan word as) egte "Glam Guru" -styl.  Style en uitrustings het groot pret verskaf en Niekerkshoop se "Glam Guru" het dit geïdentifiseer as: drag vir die 2010 parlementsopening,  die amptelike opening van die 2010 Wêreldbeker Sokker,  aanddrag en 'n spesiale uitrusting vir Mev. Zuma VII.

 

 

Volgens die voorsitter van Niekerkshoop tak,  Vonesse Gerber, beloof 2010 om 'n besondere VLV-jaar vir dié tak te wees.  Hul beplan vele interessante byeenkomste vir die res van die jaar.

 

 

 

 

 

 

 

 

Comments are closed

Categories