Posted on 12 March 2010

Lian Drotsky, Carlè v Zyl,Carien Zietsman en Suzette Viviers

 

Ons was so bevoorreg om deur die plaaslike Hoërskool se Verbruikerstudie (Huishoudkunde) onderwyseres, Me Carien Zietsman, en 2 van haar leerders besoek te word. 

 

Dit was baie interessant om te hoor waaroor die vak deesdae handel:  Eerstens gaan dit oor die mens in sy geheel en dit dek onder meer die volgende: 

 
1. Interieur: bv. goeie smaak, tekstuur, messegoed, breekware, glas, ens
2. Kleur in die huis
3. Balans
4. Kleding: bv. watter liggaam, watter klere , versorging van klere
5. Voeding:  bv. die voedingsbehoeftes van mense van 0 – 100 jaar
6. Praktiese Wetenskap van kos:  bv. hoe werk bakpoeier, verskillende gaarmaakmetodes
7. Wat is n goeie verbruiker

 

  

Die vergadering is ook toegespreek deur Me Lian Drotsky wat die bestuur van die plaaslike Farr-kantoor oorgeneem het.  Haar werk behels onder meer die skakel met klinieke, probleme in die gemeenskap, die gesels met tienerdogters om hulle in te lig waarom hulle nie so jonk moet swanger raak nie en natuurlik die probleme rondom alkoholmisbruik in die gemeenskap en veral onder swanger vroue.

Comments are closed

Categories