Posted on 29 March 2010

Datum:           10 & 11 Maart 2010
Gasvroutak:     Sedgefield
Plek:               NG Kerksaal Sedgefield

19 Takke teenwoordig

 

Gasspreker: Me Erika Lubbe, VLVK President. Tema: Reik na die sterre!
Tye moeilik en verwarrend, maak ons swartgallig. Moenie terugkyk en in die verlede leef nie  - draai om, kyk vorentoe en hou ons VLV op die wenpad.


Wees ambisieus. Strewe en wees honger vir  meer! Ambisie vra innerlike sterkte, absolute toewyding en uiterste geduld.
Volharding: Dias het gesê: “Oorleef die dag, oorleef net hierdie dag”, met ander woorde, sukses bestaan uit 'n reeks klein daaglikse oorwinnings.

 

Geen sukses is moontlik sonder opofferings nie – een daarvan is verandering!
Verandering sal kom of jy daarvan hou of nie! Spanwerk is nodig om na die sterre te reik. Spanwerk betrek meer mense, meer lede,  meer idees en meer energie. Verbeter jouself, dis al wat ons VLV droom kan laat werk.

 

Presidentsrede: Me Arina Honiball, uittredende Sirkelpresident.
Sy neem ons op 'n nostalgiese rit deur die elf jaar van "voorvat".
Reik na die sterre  -  wonderlike konferensies en 'n Kongres, heerlike intertak, verjaarsdagfunksies en inligtingsdae.Die afgelope drie jaar was daar afrondingskursusse vir beoordeling van borduurwerk, masjienwerk, hekelwerk  en breiwerk;  vanjaar kom gebottel en gebak by!
Negatiewe dinge was daar ook, ons moet betrokke raak en VLV se beeld positief uitdra. Sy bedank almal van VLV SWD wat haar hande gevat het deur goeie en moeilike tye.

 

Sy sluit af met die goeie raad van haar vader:
Mik hoog  -  dis jou voorreg
Mik na die sterre  -  dis jou ideaal
Mik vir prestasies  -  dis jou talente wat jy ontwikkel
Bly met jou voete op die aarde  -  nederigheid verhoog die voorreg tot sukses!

 

Me Johlene Muller is die nuwe president. Trofeë word oorhandig deur Me Erika Lubbe. Aandfunksie:Kalifavertoning. Pragtige sang en musiekitems word gelewer deur plaaslike kunstenaars.
 
Reeva Pienaar (sekr. VLV SWD)

 

 

 

Arina Honiball, ons president, wuif ons vaarwel toe.

 

 

 

Sedgefield lede tydens konferensie.

Comments are closed

Categories