Posted on 30 March 2010

 

Madri du Plessis (links) ontvang hier haar 45 jaar diensknopie van Heilie Marais (Voorsitter van Hofmeyr tak) tydens die pas afgelope VLV vergadering.  Madri het vir baie jare ook op die bestuur van die VLV gedien, en het tot redelik onlangs ook uitgehelp as sekretaresse.  Sy is steeds 'n voorslag as daar voorlesings, voordrag en toneelspel tydens vergaderings gelewer moet word.

 

Elsa Marais, leefstyl Naaldwerk sameroepster van Hofmeyrtak, het 4 lede voor die vergadering geskakel en hul versoek om hul gunsteling uitrustings vir die vergadering aan te trek.  Tydens haar hulpbeurt het sy die dames gevra om hul gunsteling uitrustings te modelleer en 'n kort opsomming is terselfdertyd van die oorsprong van die kledingstuk gegee. 


 

 

Elsa Marais (heel regs) Sameroepster van Leefstyl Naaldwerk, saam met twee van haar modelle wat opgetree het tydens die onlangse vergadering. Heel links verskyn Dada de Jager en in die middel Melanie Fourie.
 

Comments are closed

Categories