Posted on
30 March 2010
Dit was weer skoutyd op Victoria-Wes. Soos altyd het die VLV lede hul kant gebring. Daar is vir die 1ste keer ‘n mosaïek kursus vir beginners aangebied en dit is baie goed ontvang. Die VLV beplan om nou jaarlikse ‘n handwerksessie, by die skou aan te bied.
Tydens die jaarlikse kuier-oggend is die dames op ‘n modeparade en blomdemonstrasie getrakteer. Die Sirkel se tema: “Droom meisie/droom vrou” was ook die tema van die oggend. “Be Smart” van De Aar het hul klere kom vertoon en menige dame laat terugverlang na hul jongdae (en lyfies). Die blomdemonstrasie is deur Kobie Jeppe, van Beaufort-Wes hanteer en, soos altyd, het sy haar baie goed van haar taak gekwyt. Daarna het almal gesellig saam tee gedrink en verversings geniet.