Posted on 20 April 2010

Dinsdag, 13 April het die dames van De Aar tak, ‘n nuwe stokperdjie geleer, naamlik teesakkievou, wat een van die kompetisie artikels van 2010 is.  Ons moet sê dat die gogga ‘n hele paar dames erg gebyt het.

 

Die kunsvorm het in Nederland ontstaan waar Tiny van der Plas eendag met ‘n teesakkie-koevertjie gesit en “speel” het. Sy het agtergekom dat dit ‘n oulike “medaljon” maak as sy dit op verskillende maniere vou en dit geometries aan mekaar las.  Die kunsvorm het in so ‘n mate ontwikkel dat regte teesakkie-koevertjies, deesdae maar selde gebruik word.  Spesiale Teesakkievou-papier word ontwerp en gedruk vir die kunsvorm.  Dit kom in so baie kleure en ontwerpe voor dat dit baie moeilik is om te besluit wat die mooiste is en wat om te gebruik!!

 

Terminologie:
Tiles / Teëls: Vierkantige blokkie van, gewoonlik, 4 x 4cm                                                    
Fold / Vou: Vou van die teël op verskillende maniere om, as dit aan mekaar gelas word, dit ‘n medaljon vorm
Medallion / Medaljon: ‘n Stel gevoude teëls wat aanmekaar gegom is

Benodighede:
Teesakkievou-papier (teëls)
Liniaal en skêr of kunsmessie en snymat
Gom en tandestokkie (om gom mee aan te sit)

 

Die vou wat ons geleer het was die Pylpunt-vou (Arrowhead, 3 variasies) en twee variasies op die vou.  Ander Voue is bv. Diamant (Diamond, 2 variasies), Vlieër (Kite, 4 variasies) en die Blom (Flower, 1 variasie).  Mens kry ook “Soom-voue” om jou bladsy mee af te rond.

 

Ons hoop dat ander takke dit ook al beproef het en dit net so baie soos ons geniet het!

   

 

Twee variasies op die Pylpunt-vou

 

 

 

Blom-vou variasie

Comments are closed

Categories