Posted on 30 May 2010

Vyf van Springbok se dames het by Leoni Cornelissen se huis vergader vir rekenaaropleiding. Leoni het ‘n kollega van haar, Pieter, gevra om die dames met die opleiding te help. Pieter doen tekeninge op die rekenaar en is baie vaardig met rekenaars.


 
Tannie Babs het voor die rekenaar plek ingeneem en Pieter het haar ‘n bietjie touwys gemaak. Ons het haar die VLV se webtuiste gewys. Sy het ook geleer hoe om ‘n e-pos te stuur en Microsoft Word te gebruik. Pieter het haar gewys hoe om die rekenaar aan en af te skakel en algemene inligting gegee oor hoe om die rekenaar te versorg. 

 

 

Hy het gewys dat ‘n mens jou banksake op die internet kan doen, maar dat daar gewaak moet word teen e-posse wat jou inligting soek. Jy moet eers na jou bank toe gaan en alle inligting by hulle kry alvorens jy met internetbankdienste kan voortgaan. 

 

Tannie Babs het almal bedank en gesê sy sal ons op hoogte hou van haar vordering tuis.

 

 

 


Categories 
Comments are closed

Categories