Posted on
10 June 2010
Kuruman se trots is gewis Bessie Kriek en sy is vereer met ʼn trofee as Sirkel Kalahari se sterlid.
Sy ontvang dan ook hierdie jaar haar 50 diensjaar toekenning, waarvan 49 jaar in Kuruman se bestuur as sekretaris, voorsitter, skakelbeampte, argivaris en saamroeper van al die studierigtings. Sy is al vir 47 jaar op die sirkelbestuur, waarvan 10 jaar as sirkel visepresident en ononderbroke as saamroeper van vyf studierigtings, skakelbeampte en tans as argivaris.
In 1999 het sy ʼn eretoekenning van die sirkel ontvang vir onbaatsugtige diens, voortreflike werk, positiewe bydrae en lojaliteit teenoor sirkel Kalahari en lede.
Bessie bly egter nederig en haar leuse is: If there is any honour to receive I want to pass it on untouched, to my Master!

Martie Eloff, sirkel visepresident, oorhandig die trofee aan Bessie en haar man Pieter ontvang ‘n boekprys vir sy volgehoue ondersteuning aan Bessie en die VLV.
Foto: Janet West
Berig deur Petro Spangenberg