Posted on 10 June 2010

Tydens Murraysburg se Junie vergadering is die lede deur Maretta Theron aangespoor om deur die regte kanale beswaar aan te teken wanneer diens nie na wense is nie, aangesien dit die enigste manier is om dienslewering in ons land te laat verbeter.


 
Die gasspreker, Alna Theron, het die dames oor slaapapnee ingelig. Hierdie toestand is onlangs by twee persone in die klein Murraysburg gemeenskap gediagnoseer.


 
Slaapapnee vind plaas wanneer weefsel en spiere in die lugweg platval en die lugvloei na die longe belemmer word. Die brein waarsku die pasiënt dat suurstofvlakke daal deur hom kort-kort wakker te maak. So ‘n persoon kry nie voldoende rus nie, is kronies moeg en dié toestand kan aanleiding tot ernstige siektes soos, diabetes, hartaanvalle, nierskade, beroerte en depressie gee.  Die lyer hou verskeie kere per nag vir 10 sekondes tot so lank as twee minute op met asemhaal en dit kan die dood tot gevolg hê.


 
Indien die moontlikheid van slaapapnee bestaan, behoort die betrokkene ‘n Polysomnogramtoets in ‘n slaapkliniek te ondergaan. Sou slaapapnee wel gediagnoseer word, is die CPAP masjien die enigste oplossing.  CPAP is die afkorting vir “ Continuous Positiv Airway Pressure”.  Dit beteken dat atmosferiese lug teen ‘n vasgestelde druk deur die lugweg gestuur word,  wat verseker dat die lugweg 100% oop is. Die masjien word saam met ‘n neusmasker gebruik en die pasiënt sal al vyf slaapfases beleef,  afgesien daarvan dat die snorkery iets van die verlede sal wees.  Dit is vir die algemene gesondheidstoestand baie belangrik dat al vyf fases van slaap ervaar word. Die lede het hierdie inligting baie interessant gevind.


 
Berig deur Mette Kromhout

Comments

7/7/2010 10:11:45 PM #

Die MEDIESE SKEMAS MOET VAN DIE ERNS HIERVAN AANDAGTIG GEMAAK WORD WANT HULLE DINK DAT DIT NIE ERNSTIG IS NIE EN DAN WEIER HULLE OM DIE PASIENT VAN 'N MASJIEN TE VOORSIEN OF TE BETAAL DAARVOOR.EK IS POSITIEF AAN DIE SIEKTE.

MATHYSE HAASBROEK South Africa

Comments are closed

Categories