Posted on
11 June 2010
Tydens Kathu tak se opedag het hulle van plaaslike talent gebruik gemaak om nuwe vaardighede te bemeester.
Susan Myburgh het wonderlike leerwerk gedemonstreer. Al die oorskietstukkies leer wat sy by die leerfabriek op Kathu bekom word wonderlike boekoortreksels met 'n laag op laag voorkoms.

Lillian Du Plessis wat studeer het in Frankryk en Belgie om met kos te toor, en tans plaaslik werksaam is, het ons laat smul.
Lizette Coetzee het gesorg dat die kunstenaars leer hoe om skaduwees korrek op doek te verewig.

Daar was 'n klein blomdemonstrasie gehou om die kuns ook aan te wakker, sonder dat dit baie kos.
