Posted on 04 August 2010

Mev Magda Bellingan lees voor uit ‘n boekie van Helen Steiner Rice, gepas vir Vrouemaand, en open só ons Leefstyl-vergadering van Bredasdorp VLV.

 

Ada Wessels van Rose, vertel ons van al die dekortendense van die afgelope paar eeue en hoe dit met tyd verander het. Gedurende die victoriaanse era is wit slegs gebruik vir plafonne en om iets te omraam.  In die moderne tyd kan jou hele huis wit wees.

 

As jy ‘n klein begroting het, gebruik jy baie kussings, gordyne en tafeldoeke, en ook oorgetrekte panele. So kan jy elke seisoen jou vertrek verander sonder om elke keer jou mure te verf, of ander meubels te koop. Sy demonstreer hoe jy slegs met die verandering van kussings die 4 seisoene kan akkommodeer. Deur middel van ‘n paneel (of selfs 2 – 3) wat met mooi lap oorgetrek word as aksent in jou kamer of sitkamer, kan jy ook elke seisoen ‘n ander stemming skep.

 

Martelize Wessels vertel ons meer van haar juwele en hoe sy inspirasie uit die natuur om haar kry om haar ontwerpe te maak. Van haar juweliersware is ook uitgestal. Sy lewer ook ‘n saksofoon-item – beslis ‘n meisie van vele talente!

 

Om die middag mee af te sluit, het elke gasvrou ‘n heerlike eenbakgereg, en een ook ‘n tert gemaak, die resepte is uitgedeel en elkeen gee wenke oor haar onderskeie gereg, waarna dit saam met die tee geniet is. 

 

Beslis ‘n heerlike middag waar ons liggame, siele en sintuie gevoed is.

 

Marie Spamer (Leefstylsameroepster), Martelize Wessels, Ada Wessels, en Lorraine du Toit (Voorsitter)

 

 

Comments are closed

Categories