Posted on 22 August 2010

Gentlecare is in Britstown in die Noord-Kaap.  Die dorp het ‘n bevolking van so 6500, met die naaste hospitaal in De Aar, sowat 53km van Britstown. 


Die Sentrum het op die 1 Februarie 2007 geopen.  Ivonne Gentle het al drie haar sussies verloor aan kanker, waarvan haar derde sussie in 2000 die stryd teen kanker verloor het.  Met baie dapperheid en durf het sy die stryd voortgesit om aan te hou met die versorging van terminaal siek mense.  Vir 10 jaar het sy en haar man, Tommie,  van huis tot huis gewerk en besef hoe groot die nood is.  Met die besef is Gentlecare geopen.


Gentlecare sorg tans vir terminale en broos pasiënte. Ons het 11 beddens met 5 vrywillige werkers wat alom die uur diens doen, 24/7.  Die pasiënte kry drie gekookte etes per dag, word elke 4 ure gedraai en verder kry hulle baie liefde en versorging.
         

Gentlecare is as ’n nie-winsgewende organisasie geregistreer, maar moet baie hard werk om kop bo water te hou.  Hulle maak tans seep, handgemaakte kaartjies, scrapbook pakkies,  “maak julle eie kaartjies pakkies” en ’n Gentlecare Blessing armbandjie. Die geld wat verkry word met die verkoop van die produkte word gebruik om Gentlecare te onderhou. Bestellings kan geplaas word via e-pos

 

ivonnegentle@telkomsa.net of deur 0828991632 te skakel.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Comments are closed

Categories