Posted on
06 September 2010
PIKETBERG
Molly Botha
12 Desember 1924 – 28 Augustus 2010
Ons neem afskeid van ‘n baie getroue en geliefde erelid wat vir 57 jaar lank lid was van VLV Piketberg. Ouer lede onthou hoe sy vroeër jare keer op keer tydens konferensies, kongresse en skoue die pryse in die afdeling vir lekkers verower het. Sy was ‘n baie stylvolle en waardige dame, ‘n bedagsame en besonder gasvrye vriendin, ‘n brose mensie met ‘n onuitputlike innerlike energie.
