Posted on 13 September 2010

Gentlecare wil graag baie dankie sê vir die welkome donasie wat by die kongres ingesamel was.  Ons het nie woorde om dankie te sê vir die goeie gebaar nie. 

 

Gentlecare versorg tans 11 pasiënte met terminale siektes.  Die meeste van hulle het geen heenkome nie. Ons kyk na kinders sowel as bejaarde pasiënte. Die nood is tans baie hoog op dié gebied.

 

Daar is 5 vrywillige werkers wat 24/7 werk. Die versorging is baie veeleisend en daar word drie maaltye per dag bedien. Pasiënte moet elke vier uur gedraai word. Die meeste van die pasiënte is in doeke. Ons sal dus die fondse gebruik om doeke, lakens en nog mediese materiaal aan te koop.

 

Ons nooi u dus hartlik uit om ons te besoek.

 

Met dank en Gentle-groete,

VLV-Britstown,  Sirkel Noord-Karoo

Tommie en Ivonne

 

 

 

Comments are closed

Categories