Posted on 21 September 2010

'n Vergadering is gehou op 16 September 2010 om plaaslike toeriste-attraksies te bevorder. Die SA Visserye museum van Velddrif is eerstens besoek.


Hier is lede vertel van die geskiedenis van die visbedryf, asook meer oor die dorp se geskiedenis. ‘n Kort rolprent is vertoon wat in 1945 vervaardig is. Felicity Ströhfeldt en Elsje van der Linde het verduidelik hoe sekere items gewerk het, onder andere 'n mishoring  wat met 'n slinger werk en allerhande boot toebehore. 

 

Hierna het die vergadering verskuif na Laaiplek Hotel. Die spreker van die dag was Madelie Wiid, redaktrise van die “West Coast Escape Magazine”. Elke lid het dan ook ‘n kopie van die nuutste uitgawe gekry. ‘n Geskenkpakkie is ook aan elke lid gegee wat bestaan het uit geskenkies uit die visbedryf, soutbedryf, Bokkombedryf en van ‘n plaaslike kunswinkel.”

 

Mae Muzik het verduidelik hoe om 'n blommering aanmekaar te sit met goed uit die tuin of opgetel langs die see. 

 

Beriggewer: Louise Jacobs

 

Lede luister aandagtig.

 

 

 Mae Muzik.

 

 

 Museum uitstalling.

 

 

 Lede buite Velddrif museum.

 

Comments are closed

Categories