Posted on 19 October 2010

Hofmeyr VLV het onlangs hul laaste gewone vergadering gehad. 

 

  

Die prysuitdeling, wat gewoonlik tydens hierdie geleentheid gehou was, is uitgestel na die Kersfunksie. Rika Pienaar, vise voorsitter het tydens die vergadering die dames ingelig rondom Die Wêreldbond van Plattelandse Vroue se ontstaan, en ook al hul werksaamhede.  'n Wêreldwye vasvra is gehou, soos opgestel deur Estelle Kruger, sameroepster van Openbare sake, en die vrae kon deur 'n groot aantal van die lede met 7 uit 10 reg geantwoord word.  Soveel so, dat daar 'n valbylvraag gevra moes word om 'n wenner te bepaal.  Die wenner is beloon met 'n omgewingsvriendelike inkopiesak. Vriendskapsmunte is ingesamel, en die suksesvolle lentedans wat pas afgehandel is, was ook bespreek.

 

   

Die vergadering was waargeneem deur die nuutverkose voorsitter, Susan Vermaak.

 

  

 

Susan Vermaak (middel), nuutverkose voorsitter van Hofmeyr VLV, saam met haar twee dogters, Adéle (links) en Collette (regs) - aldrie kranige lede van Hofmeyr VLV.

 

 

 

Rika Pienaar, vise voorsitter van Hofmeyr VLV hier saam met haar dogter, Ciska, ook 'n VLV lid van Hofmeyr VLV.  Rika het tydens die pas afgelope vergadering die lede meer vertel van Die Wêreldbond van Plattelandse vroue"

Comments are closed

Categories