Posted on 21 October 2010

Baie van u weet reeds dat Victoria-Wes VLV elke jaar 'n damesoggend by ons skou in Februarie aanbied. Aanstaande jaar noem ons dit 'n KUIEROGGEND, sodat die manne ook welkom voel. 
 

Dis dan vir ons aangenaam om julle uit te nooi om saam met TOSSIE LOCHNER in Italië te gaan kuier: die mites en die waarheid te hoor. (Dis 'n humoristiese stuk). Tossie was vir jare in Italië waarvandaan sy verslaggewing vir RSG gedoen het. Moet dit nie misloop nie!!

 

Dit sal (DV) op Saterdag, 12 Februarie om 10 uur in ons skousaal plaasvind @ R70-00pp - dit sluit ligte verversings in. Tossie sal ook van haar boeke te koop aanbied.

 

Hoop ons sien julle almal daar!!!
 

Skakel my gerus vir meer navrae en/of kaartjies: 
072 600 5809 / 053 621 0979
 
Rina Coreejes


Categories 
Comments are closed

Categories