Posted on
28 October 2010
Die siekte kan bestuur, maar nie genees word nie.
Van die tekens: Vergeetagtigheid, eenvoudige take soos aantrek, bad en knope vasmaak raak moeilik, gesprekke begin in een tydgleuf en daarna volg dit in ‘n ander tydgleuf, eetlus en selfs smaak vir sekere voedselsoorte neem af en lei tot gewigsverlies. Eenvoudige opdraggies kan tot aggressie lei en vals beskuldigings kom ook dikwels voor en kommunikasie raak al moeiliker.
Daar is baie wat die versorger en familie kan doen om ‘n persoon met dié siekte van hulp te wees. Moenie die persoon blameer of met die siekte konfronteer nie. Onthou dat die persone nog steeds hulle emosies behou. Hulle het ‘n baie groot behoefte aan liefde en deernis. Voer ‘n gesprek wat pas by hulle situasie. Doen vir hulle klein dingetjies. Wys hulle aandenkings en foto’s uit die ou dae. Onthou dit is die korttermyngeheue wat hulle in die steek laat.
Moet nooit so ‘n persoon teregwys of probeer verander nie. Smee ‘n band met die pasiënt se versorger sodat julle vanuit dieselfde perspektief vir die pasiënt van hulp kan wees. Moet nooit vir jou ouer ‘n ouer probeer wees nie. Dink baie prakties uit die pasiënt se ervaringsveld en handel altyd met onvoorwaardelike liefde.
Geniet die humor in die omstandighede want dit maak dit vir jouself en vir die pasiënt veel makliker.

Jeanette Binedell, Estelle Hugo en Suster Mabel Nero.
+Charmaine+Smith+(Tesourier)+Leana+du+Preez+(Sekretaresse)+Annatjie+Erasmus+en+Issie+v+d+Merwe+(Adisionele+lede)+en+Erida+v+d+Berg+(ond+voors.jpg)
De Aar Nuwe Bestuur,L- R, Rina Coreejes (Voorsitter) Charmaine Smith (Tesourier) Leana du Preez (Sekretaresse) Annatjie Erasmus en Issie v d Merwe (Addisionele lede) en Erida v d Berg (ond voorsitter).